Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Ouma Ossewania gooi die pot uit

“Moet ek julle in Afrikaans uitvloek?” vra Ouma Ossewania die gehoor voordat sy met ’n “f*k*f” ’n piepiepot met vloeistof oor die gehoor uitgiet aan die einde van die produksie Ouma Ossewania praat vuil.

Ouma Ossewania (links) – die ma van Evita Bezuidenhout (regs) – soos sy op die kunstefees te sien is in Ouma Ossewania praat vuil.

Ouma Ossewania was Dinsdagaand in die Albert Wessels-ouditorium te sien.

In hierdie teaterstuk van Pieter-Dirk Uys wag Ouma Ossewania – die ma van Evita Bezuidenhout en gedoop as Evangelie Poggenpoel – op haar dogter om haar by die ouetehuis te kom haal. Tydens die wagtyd neem die 119-jarige haar lewe in oënskou; soos die tyd toe sy ’n NG kerk-lidmaat was en “nie kon vloek nie”, maar wel “dominees versamel het soos dames teelepels versamel.”

“Ek vloek net as ek dink,” sê Ouma Ossewania (wat klaarblyklik die heeltyd hardop dink). En daarom verskyn dié vertoning met ’n bloutaalwaarskuwing in die feesprogram.

Ouma Ossewania, wat in die ouetehuis as Gugu Gupta bekend staan, ken nie net vloekwoorde nie, maar sy vertel ook van haar behendigheid met haar “tradisionele kultuurwapen”.

“Daar was ’n jong Afrikaner-bedelaar met ’n bordjie waarop staan: ‘Help asseblief, sewe kinders.’ Toe help ek hom en slaat hom tussen die bene met my knopkierie.”

Sy praat openhartig oor haar kwellings, soos “diewe wat in die kabinet beland”, fake produkte (sy sê daar is nie ’n Afrikaanse woord vir “fake” nie) en “die Afrikaner wat nie kwaad genoeg is nie”. Sy vaar ook uit teen mans met snorre, mevrou Stroebel se kinders wat hul ma laat wag het totdat sy doodgegaan het en oudwees-kwellings soos die verlies van kragte en die afname van sig. Sy raak ook aan emigrasie. “Hulle sê as die Jode trek, moet jy trek. As die Portugese bly, dan is dit te laat.”

Aan die einde van die vertoning, wanneer sy steeds vir Evita wag, ontdek sy ’n piepiepot onder haar stoel en vervloek die skoonmakers.

Maar sy is nie ’n rassis nie. “Niemand kan sê ek is ’n rassis nie, want ek haat almal ewe veel.”

Aan die einde van die vertoning, wanneer sy steeds vir Evita wag, ontdek sy ’n piepiepot onder haar stoel en vervloek die skoonmakers. “Hulle doen nie meer hul werk nie. Ek kan nie wag totdat hulle parlement toe gaan nie.” Sy tel die koos op nadat sy met die “k*k gelos is” en vra die gehoor om huis toe te gaan.

  • Die laaste vertoning was gister te sien.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.