Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Pryse op Vrystaatse fees word nou ‘Blinkers’ genoem
Die produksie Kamphoer - Die verhaal van Susan Nell is vanjaar vir ’n Blinker op die Vrystaat Kunstefees benoem.Foto: Vrystaat Kunstefees

Die pryse wat jaarliks op die Vrystaat Kunstefees aan die topproduksies toegeken word, het ’n nuwe naam: Die Blinkers.

Ricardo Peach, feesdirekteur, het die nuwe naam Saterdag saam met vanjaar se benoemdes aangekondig. Heelparty nuwe kategorieë – onder meer ’n literatuurprys – is geskep, het hy gesê.

Die verevrou (deur Jan van Tonder), Wreed én mooi is die dood (deur Tobie Wiese) en Die oorkantste oewer (deur Abel Pienaar en Flip Schutte) was die drie top-verkoperboeke op die fees,” het hy gesê. “Ons sal die topverkoper op die prysuitdeling bekend maak.”

Vanjaar se Blinker-benoemdes sal sowat drie weke lank moet naels kou voordat die wenners aangewys word. Volgens Peach is ’n datum vir die prysuitdeling nog nie vasgestel nie.

Die volgende produksies, wat alles op die hooffees se program was, sal om ’n Blinker meeding:

Lewende en eksperimentele kuns

Ukuzibuyisa: Giving Myself Back to Myself

The Vertical Journey: A Tribute to the Still Unknown

We Can Be Heroes

miss/seen

• Tawdry Heartburn: Geheime projek/Secret Project

Visuele kuns

Footprints – Andrew Tshabangu

Betwixt & Between – Free State Art Collective

Musiek

Most Magical Musical Moments – Lynelle Kenned & Niël Rademan

Rooi4 Orrel Duo – Andrea Kayser Mitas & Isabelle van Rensburg

Veertig Vingers

Teater

Uitblinker: SA (debuut)

Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

• Die hart verklap

• Krotoa – Eva van die Kaap

Uitblinker: Vrystaatse debuut

• Die hart verklap

Die koning sterf

• The Island

• Fourie’s a Jolly Good Fellow!

Uitblinker : Dans (debuut)

Swan Song

• Pollution

• Tehuis

For Colored Girls Who Have Considered Suicide/When the Rainbow is Enuf

Die akteur Chris Vorster is vir ’n Blinker in die kategorie Uitblinker: Vrystaatse Kunstenaar vir sy rol in Die hart verklap benoem.Foto: Instagram

Uitblinker: Vrystaatse Kunstenaar

• Chris Vorster (Die hart verklap)

• Gerben Kamper (Die koning sterf)

• Jane Mpholo (The Island)

• Ilne Fourie (Fourie’s a Jolly Good Fellow)

• Dion van Niekerk (regisseur van Die hart verklap)

Uitblinker: Kinder- en Jeugteater (debuut)

Archipelago

• Babah Go Round

• Bospark Buurtwag

Op die randfees, Vrynge, gaan benoemdes sake in drie kategorieë uitspook.

Nasionaal

Moord, op die 8ste gat

• Mama

• Op die hoek van sesde straat

Plaaslik

Help vir Henna oor die highway

• Die Portret

• Francie en haar foon

Visueel

The House in Freedom Square

• neXus – A Transnational Expositoin

• War Without Glamour: The Life and Legacy of Emily Hobhouse

Die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), die Vrystaat Kunstetrust, die Vrystaat Kunstefees en die Phatshoane Henney-groep is die borge van vanjaar se pryse.

Meer oor:  Kamphoer  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.