Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
SA kunswerke ook op Brighton Fringe te sien

’n Werkverhouding wat die Vrystaat Kunstefees vyf jaar gelede met die kurator van ’n kunstefees in Brighton, Engeland, aangeknoop het, het gelei tot internasionale blootstelling vir Suid-Afrikaanse kunstenaars sonder dat hulle ’n vinger hoef te lig.

“Cobble Cove, Barbados” deur Kyle Babb.
“Howling” deur die veelsydige Suid-Afrikaanse kunstenaar Mark Dobson.

Jenny Lewin-Turner in Engeland en Vian Roos van Pretoria het albei as kurators van neXus op vanjaar se aanlyn Vrystaat Kunstefees opgetree. Fotografiese kunswerke van die Suid-Afrikaners Mark Dobson, Leeroy Jason, Pierre van Vuuren en Sonya Rademeyer, wat tans plaaslik te sien is, word terselfdertyd ook virtueel op die Brighton Fringe vertoon. Daar is die uitstallings nie tot ’n feesterrein beperk nie, maar oor dié kusstad in onder meer winkelvensters, biblioteke, inkoopsentrums, op straat en in kafees versprei.

Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees, sê dit spruit uit samewerking oor landsgrense en die uitruil van kunstenaars.

“Toe Jenny ons fees ’n paar jaar gelede bygewoon het, was Vian haar ‘chauffeur’. Hulle het so goed oor die weg gekom dat hulle onderneem het om eendag saam te werk. Daardie samewerking het toe vanjaar ’n werklikheid geword.”

Dit is egter ook die samekoms van kunspraktisyns op die jaarlikse Pan-African Creative Exchange (Pace) wat onderlinge samewerking bevorder. Dié geleentheid is deel van die Vrystaat Kunstefees met die doel om kreatiewe praktisyns van Afrika en van elders ter wêreld aan mekaar bloot te stel.

Ongetitelde fotografie deur die Suid-Afrikaner Leeroy Jason.
“Paradise” deur die Britse kunstenaar Diensen Pamben.

In die afgelope vyf jaar het die Brighton Fringe aansienlik uitgebrei. Daar is nou ook die Pridefees en ’n afsonderlike fees vir fotografiekuns, die fees waarop die Suid-Afrikaners se werk vertoon word.

Die Fringefees in Brighton is nou die grootste fees in Brittanje, en selfs groter as die Edinburg-fees, sê Peach. Dit word op die webwerf londondesignagenda.com bevestig.

Die Suid-Afrikaners se werke deel die platforms met dié van kunstenaars in Brittanje, Lagos (Nigerië) en Barbados.

Volgens Lewin-Turner beeld die werke “ons verskille, ooreenkomste en herkoms uit, en daardie situasies wat almal se hartsnare roer, ongeag waar hulle hulle in die wêreld bevind.”

Die foto’s hierby is maar enkeles van dié uitsonderlik kreatiewe kuns.

Meer oor:  Ricardo Peach  |  Nexus  |  Kuns  |  Vrystaat Kunstefees  |  Visuele Kuns  |  Snelstroom  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.