Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Sê (nog ’n keer) Groete vir Ma

Hannes van Wyk is verheug dat sy eenmantoneelstuk, waarin hy die rol van Reghard Roberts van Aswegen vertolk, nog ’n ekstra dag op die planke sal wees.

Hannes van Wyk in die eenmantoneelstuk, Sê Groete vir Ma.

Sê Groete vir Mase aanvanklike drie vertonings is uitverkoop en nog ’n vertoning is vir Sondag om 10:00 in die KykNET-Scaena geskeduleer.

“Ons probeer altyd spasie maak as vertonings baie vinnig uitverkoop,” sê dr. Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees.

’n Vrolike Hannes sê dit is net deur die Here se genade dat die show uitverkoop.

Hy is baie bly dat mense kaartjies koop en om te weet iets werk.

Die aktrise Desire Gardner het die teks – haar eerste teaterstuk – op aandrang van Hannes geskryf.

“Ek hou van haar eenvoud en het temas, soos familelewe en ’n ma se liefde, aan haar gestuur om mee te werk.”

Sê Groete vir Ma is ’n fiktiewe verhaal oor ’n ou se lewensreis. Sy hele menswees en bestaan draai om die vrou wat hom in die wêreld gebring het.

“Die hele play gaan oor liefde en aan die einde is daar worsteling as daar na ’n kontroversiële tema verwys word,” vertel Hannes.

Hy sê ofskoon die teaterstuk universele raakpunte het, is dit ook “close to home”.

Hannes is self baie geheg aan sy 85-jarige ma, Mariet, wat in Aliwal-Noord, sy tuisdorp, woon.

“Ek het deur haar geleer om vroue te bewonder. Vroue werk die hardste.”

Daar is niemand wat beter weet van teater as sy nie.

Sy boek, Vroue na my hart, is juis gebore uit sy bewondering vir vroue.

Hy het ook groot bewondering vir Sandra Prinsloo, sy regisseur.

“Daar is niemand wat beter weet van teater as sy nie.

“Ek het nog nooit voorheen saam met haar gewerk nie en dit is lekker om saam met vroue te werk.”

Hy sê die toneelstuk is baie goed by Innibos ontvang, veral ook deur mans.

“Ek wil hê mense moet uit die teater stap en geraak voel,” sê hy.

Sê Groete vir Ma, KykNET-Scaena, 4 Julie 16:30, 5 Julie 13:30, 6 Julie 20:00 en 7 Julie 10:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.