Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Sien choreogedig-drama op Vrystaat Kunstefees
Dié kleurvolle vroue in die opvoering For colored girls who have considered Suicide when the Rainbow is Enuf, is van links Jessica Sithole, N’Kone Mametja, Mandisa Wiso, Otumile Molefe, Naledi Moalusi, Jolene Swartz en Palesa Motsokobi.Foto: Verskaf

For Col­ored Girls who have considered Suicide when the Rainbow is Enuf is ’n lang titel vir ’n eindelose probleem – dié van vroue wat oor die wêreld heen onder misbruik, depressie, identiteitskrisis en ’n gebrek aan selfliefde gebuk gaan.

Ntozake Shange, skrywer van die choreogedig-drama, is verlede jaar dood en daarom het die regisseur Marijda Kamper besluit om haar vanjaar met dié opvoering op die Vrystaat Kunstefees te huldig.

Sewe vroue se verhale word deur gedigte, dans, musiek en drama vertel, vroue met verskillende name, verskillende ouderdomme en agtergronde, maar wat almal dieselfde stryd voer.

Vanwaar die reënboog in die titel? mag jy vra. Die kleure word toegeken aan die karakters – Lady in Red, Lady in Blue, Lady in Orange, Yellow, Purple en Green, asook die uitsondering, Lady in Brown.

Shange was ’n feministiese aktivis vir die regte van swart vroue. Sy is as Paulette Williams in New Jersey, Amerika, gebore.

Nadat sy van haar eerste man geskei is, het sy verskeie kere selfdood probeer pleeg. Sy het egter deur haar woede en pyn gewerk, geleidelik haar innerlike krag herwin en ’n Afrika-naam aangeneem wat sy van vriende in Suid-Afrika gekry het.

Dit was vir die opvoeder en skrywer belangrik dat haar gedigte hul weg op ’n manier na gehore vind, maar sy het dit aan ander oorgelaat om ’n produksie daarvan te maak.

Shange het die gedigte in 1975 geskryf, tog het weinig in die 45 jaar sedertdien verander en is dit vandag nog net so relevant.

* 2 Julie om 14:30, 3 Julie om 17:00, 6 Julie om 10:00 in St. Andrew-skool se teater. R80, R40 (studente en skoliere) by Computicket.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.