Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Spoegwolwe sit keel op in kerk

Die Vrystaat is nou ook Spoegwolf se jagveld.

Spoegwolf

Dié rockgroep op almal se lippe het gisteraand hul treffer-album Koma in ’n volgepakte Kopanong-Kovsiekerk uitgevoer.

Die vier manne van Spoegwolf – Danie en Moskou du Toit, Albert van der Merwe en Chris vol Wielligh – is geliefd en word deur ’n verskeidenheid Bloemfonteiners bewonder.

Hul nuutste album is die eerste Afrikaanse album wat tot bo-aan die treffersparade van Apple Music geklim het, net enkele ure nadat dit in Februarie vrygestel is.

Die album spreek onderliggende tema’s aan waarmee baie mense kan vereenselwig.

“Hul musiek is nie net enige musiek nie,” sê Ruard Swanepoel (18), ’n student. “Hulle maak hartsmusiek en ek sien uit om weer na hulle te luister en saam met hulle te lag en sing.”

Elkeen van die Spoegwolwe weet dat ’n storie oor elke liedjie met siel vertel moet word, sodat die gehoor nie net kan luister nie, maar ook deel word van die geskiedenis daaragter.

Die musiek spreek oor lewenservaring wat op ’n besonderse manier verwoord word.

Ook die 54-jarige Linda van Rooyen geniet vir Spoegwolf.

“Die musiek spreek oor lewenservaring wat op ’n besonderse manier verwoord word. Dit is so uniek en kragtig, ek word eenvoudig net nie moeg daarvoor nie,” sê Linda.

Lukie Smith (23), ’n student van Smithfield, sê: “Spoegwolf staan koppe bo die ander musikante in die bedryf uit net bloot omdat mens die siel en passie waarmee elke opvoering behartig word, so duidelik kan ervaar.”

Spoegwolf is nie net ’n gunsteling by die fees nie, maar word warm met uitverkoopte vertonings verwelkom elke keer wanneer hulle in Bloemfontein optree.

Hierdie Paarlse rock-groep laat die Bloemfonteinse spoegwolwe keel opsit met elke kans wat hulle kry!

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Koma  |  Spoegwolf  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.