Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Uitstalling van Hobhouse se briewe by VS-fees te sien

’n Nuwe uitstalling van Emily Hobhouse se briewe, kleinode en waterverfkuns word tans in Engeland én Bloemfontein uitgestal en is die produk van twee Britse navorsers en ’n handvol Vrystaters se spanwerk.

Die navorsers van die Emily Hobhouse-uitstalling in die eksamenlokaal langs die Callie Human-gebou is van links dr. Helen Dampier van die Leeds Beckett-Universiteit in Engeland, dr. Cornelis Muller van die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley en dr. Rebecca Gill van die Universiteit van Huddersfield in Engeland. Foto: Conrad Bornman

Feesgangers by die Vrystaat Kunstefees kan dié uitstalling gaan besoek en gaan kyk na die objekte by die Anglo-Boereoorlog-museum in die stad.

Hobhouse was ’n Britse humanis en pasifis wat tydens die Anglo-Boereoorlog konsentrasiekampe besoek het en in Brittanje oor die haglike toestande gaan verslag doen het, wat uiteindelik daartoe gelei het dat die Britse regering ’n groep vroue gestuur het om te kom ondersoek instel.

Dr. Rebecca Gill van die Universiteit van Huddersfield in Engeland sê sy moes deur duisende briewe van Hobhouse werk.

Hobhouse se agterkleinniggie, Jennifer Hobhouse Balme, het dié briewe in 2015 aan die Universiteit van Oxford se Bodleian-biblioteek geskenk, wat tot dié internasionale projek gelei het.

“Hobhouse het bykans elke dag briewe vir vriende en familie geskryf, so ons het weke aaneen spandeer om daardeur te lees.”

Sy, dr. Helen Dampier van die Leeds Beckett-Universiteit in Engeland en dr. Cornelis Muller van die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley wou lig op Hobhouse se minder bekende bydrae tot internasionale vrede, filantropie en Suid-Afrikaanse politiek in die naoorlogse tydperk werp.

Conrad Bornman, ’n fotograaf wat destyds vir Netwerk24 gewerk het en tans foto’s vir Stronk, die feeskoerant, neem, het die briewe, kunswerk en ander objekte vir die uitstalling afgeneem. Linki Brand, ’n oud-Bloemfonteiner wat in Engeland woon, is die grafiese ontwerper wat die foto’s en byskrifte in die vorm van die prismas saamgevoeg het. Die prismas is gedupliseer sodat die uitstalling terselfdertyd in Engeland én Bloemfontein aangebied kan word.

Min mense weet Hobhouse was ’n kunstenaar. Daar is werke van haar waterverfkuns van onder meer die Middelburg-konsentrasiekamp, waar sy drie grafte in die eerste maanlig geskilder het.

Min mense weet Hobhouse was ’n kunstenaar. Daar is werke van haar waterverfkuns van onder meer die Middelburg-konsentrasiekamp, waar sy drie grafte in die eerste maanlig geskilder het.

Muller sê die uitstalling belig ook Hobhouse se invloed op die opkoms van Afrikanernasionalisme in die 1920’s en ’30’s, die aanneem van Hobhouse se beginsels in die stryd teen apartheid en die meer onlangse gebruik van Hobhouse as ’n brug vir versoening en nasiebou in postapartheid-Suid-Afrika.

*Benewens die uitstalling in die eksamenlokaal langs die Callie Human-gebou is daar Vrydag ’n bespreking in die kanselierskamer van die Eufeesgebou, wat sal fokus op die relevansie van Hobhouse se filantropie vandag.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Emily Hobhouse  |  Bloemfontein  |  Briewe  |  Uitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.