Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
‘Voordele van eierwit’ topverkoper op VS-kunstefees
Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm in Die voordele van eierwit.

Die komedie Die voordele van eierwit met Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck loop los voor op die topverkoperlys op die Vrystaat Kunstefees.

Die fees word van 1 tot 7 Julie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat, asook in Bloemfontein se middestad en die planetarium op Naval Hill gehou.

Die voordele van eierwit gaan oor twee susters wat baie doen en baie praat, maar “hulle praat die oppervlak so toe dat wat regtig pla, selde bespreek word”. Wanneer albei se lewensgang op ’n dag gestuit word, maak hulle die hart se sluise oop.

Retief Scholtz het die teks geskryf en die befaamde Tara Notcutt is die regisseur.

Die stand in die verskillende afdelings lyk tans so:

* Drama: 1. Katvoet; 2. Kamphoer; 3. Sê groete vir Ma; 4. My Seuns.

Katvoet is ’n familiedrama met onder andere Marius Weyers, Albert Pretorius, Tinarie van Wyk Loots en Martelize Kolver en is ’n vertaling van die Pulitzer-wenner Cat on a Hot Tin Roof.

Kamphoer met Sandra Prinsloo is ’n spanningsdrama, Sê groete vir Ma met Hannes van Wyk gaan oor oudword, en My Seuns met onder andere Prinsloo, Louw Venter en Sandi Schultz is ook ’n familiedrama.

* Komedie: 1. Die voordele van eierwit; 2. Donkie; 3. Non met vakansie; 4. Die sjokoladeshow.

Donkie is nog ’n solovertoning uit die pen van Dana Snyman met Frank Opperman as akteur. Dié keer trek Opperman die skoolhoofbaadjie aan.

Non met vakansie met Lizz Meiring en Wynand van Vollenstee handel oor twee uiteenlopende karakters wat mekaar in Portugal ontmoet.

Die sjokoladeshow gaan inderdaad oor dié soete verleiding met Meiring en Jak de Priester as akteurs.

* Musiek: Kontemporêr: 1. Drie van die Bestes; 2. Afskopkonsert met Jo Black; 3. Op die oomblik met Karen Zoid; 4. Lag van die huil met Mathys Roets en Dana Snyman.

* Musiek: Klassiek: 1. Veertig Vingers met vier pianiste en twee klaviere onder leiding van Charl du Plessis; 2. Beautiful Beautiful Favourites met Rocco; 3. Most Magical Musical Moments met Niël Rademan en Lynelle Kenned.

* Vrynge: 1. Burrrlesque; 2. Jewels – A Ballet Collection;

3. Die Portret.

* Filmfees: 1. Don Pasquale (opera deur Donizetti); 2. Lean on Pete.

Meer oor:  Kaartjies  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.