Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Vrystaat Kunstefees kry nuwe hoof
Corneli van den Berg

Corneli van den Berg neem waar as uitvoerende hoof van die Vrystaat Kunstefees nadat Ricardo Peach die afgelope week uit dié pos bedank het.

Van den Berg, koördineerder van dié fees se literatuurfees sedert 2017, neem op 10 April die leisels oor.

Sy is in Bloemfontein gebore en het ’n meestersgraad in kunsgeskiedenis en beeldstudies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf.

Sy is sedert 2012 by die fees betrokke – eers as ’n student-assistent en projek-vrywilliger, en later as produksiebestuurder van twee vlagskip-kunsprojekte van die fees, It’s My City (2016) en Onesie World (2017).

Peach sê in ’n verklaring hy is baie opgewonde daaroor dat Van den Berg by hom oorneem en voorbereidings vir die fees in Oktober gaan tref.

“As daar een nalatenskap is waarop ek as uitvoerende hoof in die afgelope ses jaar trots is, is dit die fenomenale span leiers wat nou die fees bestuur.”

Peach is aangestel as die uitvoerende hoof van die Australiese Kamermusiekfees in Townsville, Queensland.

“Ek sal steeds brûe bou tussen Suid-Afrika en Australië, en die groter internasionale kunswêreld, soos wat ek in Bloemfontein en voorheen in Australië gedoen het. As die Covid-19-pandemie my een ding geleer het, is dit dat ons nou meer as ooit tevore met die res van die wêreld verbind is. Ek sien uit daarna om te sien hoe Corneli en haar span die fees as ’n uitnemende geleentheid in die post-Covid-wêreld vestig.”

• Verskillende afdelings van die fees word op verskillende datums aangebied. Besoek vrystaatkunstefees.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.