Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Vrystaat Kunstefees praat nóg meer Afrikaans
In Katvoet is die akteurs, van links, Marion Holm, Laudo Liebenberg, Tinarie van Wyk Loots en Marius Weyers. Foto: NARDUS ENGELBRECHT

Vyf jaar gelede, toe Ricardo Peach uit Australië aangekom het om die leisels van die Vrystaat Kunstefees oor te neem, het hy beloof om die Afrikaanse bydraes aansienlik uit te brei.

Hy het nie net woord gehou wat Afrikaanse aanbiedings betref nie, hy het ook ander kulture en tale betrek.

In 2014 het die fees 39 Afrikaanse toneel- en musiekproduksies gebied en 25 op die boekefees.

Vanjaar kan feesgangers net op die hooffees uit 59 Afrikaanse toneel- en musiekproduksies kies, 23 op die Vrynge en 47 op die Literatuurfees.

Die totaal het verdubbel van 64 Afrikaanse produksies in 2014 tot 129 in 2019.

Besoekers van buite die Vrystaat het in ses jaar van 29% tot 35% vermeerder.

Sandi Schultz, Louw Venter (sittend) en Edwin van der Walt, asook Donovan Pietersen en Buhle Ngaba (met hul rug na die kamera) is in die drama My seuns.

Peach sê die groot getal aanbiedings verg fyn beplanning van die tegniese teaterpersoneel onder leiding van Thys Heydenrych. Die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) se geldelike ondersteuning dra ook by tot die uitbreiding van produksies.

Peach sê in 2012 was die grootste groep besoekers 46 tot 60 jaar oud, verlede jaar was dit 20- tot 25-jariges.

Hy meen die groter verskeidenheid aanbiedings lok nuwe Afrikaanse gehore, wat hy in ’n groot mate aan die verskeidenheid op die Literatuurfees toeskryf.

Ondanks die toename in produksies is net drie lokale vanjaar, buiten die teaters op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), nodig: die sale van die Höerskool Jim Fouché en Ons Kinderhuis, asook die Meisieskool St. Michael se teater.

Brandbaar moes aan die fees onttrek, maar daar is steeds talle Afrikaanse vlagskipproduksies waaruit besoekers kan kies, onder meer Kamphoer met Sandra Prinsloo, Krotoa, Eva van die Kaap, Die hart verklap met Chris Vorster, Die koning sterf met ’n groot rolverdeling gelei deur Gerben Kamper, Katvoet met topakteurs (onder andere Tinarie van Wyk Loots, Albert Pretorius, Marius Weyers, Marion Holm), My seuns (Sandra Prinsloo, Louw Venter, Sandi Schultz, Edwin van der Walt), Tehuis (Gerben Kamper) en Eet Kreef, Johannes Kerkorrel se album wat ná 20 jaar deur Laudo Liebenberg gesing word.

Die Vrystaat Kunstefees vind van 1 tot 7 Julie op die UV-kampus en op sekere plekke in Bloemfontein se stadsgebied plaas.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.