Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
VS-kunstefees skuif van Julie na Oktober

Die Vrystaat Kunstefees sal vanjaar groter wees as voorheen met lewende aanbiedings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), asook ’n aanlyn komponent wat hoofsaaklik internasionale produksies sal behels.

Ricardo Peach is sedert 2015 die direkteur van die Vrystaat Kunstefees. Foto: Verskaf

In die lig van die onsekerheid rondom die beskikbaarheid van ’n koronavirus-entstof het Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees (VK), egter besluit om die fees in Oktober vanjaar aan te bied en nie soos gebruiklik in die wintervakansie nie. Die aanlyn fees sal gelyktydig plaasvind.

Die “tradisionele” fees op die UV-kampus sal ’n week duur en sal soos voorheen uit ’n hooffees, die gewilde literatuurfees en die Vrynge bestaan. Gesprekke met skrywers, wat verlede jaar uitsonderlik goed ondersteun is, sal vanjaar regstreeks vanuit die feeslokaal gestroom word.

Die aanlyn fees kry ’n splinternuwe baadjie.

Peach sê dit was die afgelope jaar duidelik dat talle internasionale kunstenaars en organisasies belang stel om deel van die VK te wees. Die feesbestuur het toe proaktief opgetree en ’n internasionale kurator vir die aanlyn fees aangestel wat hom op die verkryging van goeie produksies uit ander lande sal toespits.

“Ons het verlede jaar die platform ontwikkel, dit werk, dit kos ons niks nie en hoekom sal ons dit dan nie tot voordeel van kunste-aanhangers gebruik nie?”

Volgens Peach bied dié ontwikkeling feesgangers dus twee feeste. Net enkele produksies wat in teaters op die UV-kampus te sien is, sal ook aanlyn beskikbaar wees. Die res sal gehore virtueel na ander wêrelddele meevoer.

Vrystaat Klank en Klassik, die suiwer klassiekemusiekfees wat verlede jaar die eerste keer aangebied is, sal ná die VK en gevolglik laat in die laaste kwartaal vanjaar gehou word.

Peach sê dit was die afgelope jaar duidelik dat talle internasionale kunstenaars en organisasies belang stel om deel van die VK te wees. Die feesbestuur het toe proaktief opgetree en ’n internasionale kurator vir die aanlyn fees aangestel wat hom op die verkryging van goeie produksies uit ander lande sal toespits.

Peach hoop die fees sal teen daardie tyd in sy geheel in die teater kan plaasvind en nie weer aanlyn soos verlede jaar nie.

Die insluiting van kunstepraktisyns van oor die wêreld heen met die doel om internasionale samekomste en samewerking te bevorder is reeds ’n belangrike deel van die VK en sal vanjaar voortgesit word.

Danksy die skep van aanlyn platforms wat deur die Covid-19-inperkingsreëls genoodsaak is, kan baie meer belangstellendes deelneem aangesien hulle nie na die Vrystaat hoef te reis soos voor die pandemie nie.

Peach sê die “green room”, wat verlede jaar vir dié doel geskep is, sal weer in werking gestel word, asook die Pan-Afrika- kreatiewe uitruiling (Pace), wat reeds ’n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van die kunste gelewer het. Leierskap sal vanjaar aan die beurt kom.

“In die verlede het Pace meestal op die praktiese aspekte van kunstebestuur gefokus, maar dié keer sal dit gaan oor die filosofie van leierskap: Wat dryf jou om te doen wat jy doen, wat doen jy om van die wêreld ’n beter plek te probeer maak?” sê hy.

Kunsteliefhebbers sal darem nie ’n algehele droogte in die eerste deel van die jaar beleef nie. ’n Dansprojek, naamlik Crossings, word in die eerste maande van die jaar virtueel aangebied, terwyl ook gepoog word om geld vir projekte te vind “om kunstenaars aan die lewe te probeer hou”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.