Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
VS Kunstefees vat aanlyn hande met Afrika

’n Afdeling van die Vrystaat Kunstefees wat kunsteskeppers en -vennote uit verskillende wêrelddele byeenbring, Pan-African Creative Exchange (Pace), kan vanjaar wyer reik omdat reis- en verblyfkoste, asook verskeie bykomende koste uitgeskakel is.

Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi. Foto: Argief

Ja, ook dié platform waar nuwe produksies in verskillende stadiums van ontwikkeling voorgelê en idees tussen vervaardigers uitgeruil word, vind vanjaar aanlyn plaas.

Benewens deelnemers van Suid-Afrika, is daar ook verteenwoordigers van Namibië, Zambië, Nigerië, Rwanda, Senegal, Egipte, Ethiopië, Amerika, Brittanje, Australië en België.

Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi), skryf so oor die “nuutgeskepte, omvormde Pace Entangled” waarby NATi betrokke is:

“Die Vrystaat Kunstefees het weer die voortou geneem met ’n unieke projek wat nie net Suid-Afrika se voorste teaterdenkers die geleentheid gee om met mekaar in gesprek te tree en mekaar aan te moedig om vernuwend te dink oor wat ons in Suid-Afrika doen nie, dit plaas ons ook in verbinding met die res van Afrika en herinner ons dat ons deel is van ’n wêreld waarin ons ’n belangrike stem het.”

Sy glo ook die vindingryke wyse waardeur jong teatermakers betrek word, is in die tyd ’n belangrike inspuiting vir die kunste. “Pace inspireer ons elke jaar,” sê sy.

Van die hoogtepunte op die program, wat van 25 tot 29 Augustus duur, is die voorlegging van teateraanbiedings.

Dit begin op die eerste dag met idees vir vertonings waarvan die moontlikheid van opvoerbaarheid bespreek word. Op die tweede dag word voorleggings gedoen van stukke wat in die ontwikkelingstadium is en op die derde dag kan deelnemers insae kry in werke wat gereed is om op toer geneem te word.

Van die tien stukke wat enige tyd van nou af opgevoer kan word, gaan Suid-Afrika vyf voorlê, Currently (G)old, Samson, Blame it on the Algorithm, Eclipsed en The Island.

Een van die belangrike besprekings vanjaar is dié oor teater vir jong gehore waaraan twee verteenwoordigers uit Suid-Afrika deelneem, asook een elk van Namibië, Rwanda, Kenia en Egipte.

Volgens Ricardo Peach, die uitvoerende hoof van die Vrystaat Kunstefees, bied Pace ’n geleentheid vir artistieke vennootskappe en samewerking op verskeie gebiede wat tot wêreldwye blootstelling van teaterwerke uit Suid-Afrika en die res van Afrika kan lei.

Besoek www.panafricancreativeexchange.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Feeste  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.