Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Wees maar liefs suinig met die liefde

In die Albert Wessels-oudito-rium, in haar rooi visnetkouse, sê Ilne Fourie: “Cheers! Op die mans wat koue voete het en nog so rukkie langer aan hul ma’s se rokspante vashou, op al die vroue wat single is en al die vroue wat nog nie troukoors het nie.”

Ilne Fourie stel ’n heildronk in op haar debuutvertoning van Fourie’s a jolly good fellow. Foto:

Haar debuutvertoning van Fourie’s a jolly good fellow het Dinsdag ’n vol saal getrek.

“Dié stuk is troos vir troukoors,” sê sy.

“Ek wil die horries kry as 12-jariges vir hul boyfriends sê: ‘Ek is lief vir jou’. Ek was op daardie ouderdom lief vir my Tamagotchi. Liefde is so ’n heilige gevoel wat jy met ’n spesiale persoon deel, dat jy dit spaarsamig moet gebruik, anders raak dit niksseggend en goedkoop.”

Sy het ook ’n weersin in mans wat troetelnaampies soos “my ding”, “my lyf” of “my bok” gebruik en paartjies wat in die openbaar toenadering wys.

Seriously, ons wil nie kyk hoe julle mekaar se gesigte afeet nie.”

In haar eenmensvertoning, wat sy geskryf het nadat sy ’n “horribale kitchen tea” bygewoon het, steek sy die draak met van “poeierpoppies” tot die tradisie om “Tant Koek se hoenderhaan” by troues te sing.

“Ek het geweet hierdie moet ’n show word toe hulle ’n video clip speel van die bruidegom wat vir die toekomstige bruid Britney Spears se ‘Oops I did it again’ speel en die I do crew almal ’n traan pik.”

Ofskoon sy die sin en dikwels makabere gebeure op kombuistee- en hennepartye bevraagteken, is sy ’n “hopelose romantikus”

Ilne Fourie stel ’n heildronk in op enkellopendes in Fourie’s a jolly good fellow.

“Ek raak verlief tot oor my ore toe. Ek is op die oomblik halsoorkop verlief, maar daai kite gaan nie vlieg nie.”

Ilne moedig enkellopendes aan om hul alleenlooptyd te geniet.

“Wees bietjie selfsugtig en doen iets waarvan jy hou, op jou eie tyd, as jy wil, omdat jy wil.”

Fourie’s a jolly good fellow is nog vandag om 19:30 en Saterdag om 13:30 in die Albert Wessels-ouditorium te sien.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.