Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Witwarm winterfees

Die Vrystaat Kunstefees het oudergewoonte kunstenaars en kunsteliefhebbers van heinde en verre gelok om die besonderse en unieke atmosfeer van dié uiters gewilde jaarlikse fees in pragtige, koel wintersdae en koue wintersaande op die Kovsie-kampus en elders in Bloemfontein te kom geniet. Hier is ’n blik op van die feestelikhede wat plaasgevind het.

Die kinderproduksieHans Haas Help in die kykNET-Repteater het die kleingoed in vervoering gehad. Foto: Mlungisi louw
Koos Kombuis het in die kinderstorie-uur in die Netwerk24-feeskafee sy kinderboek Eben die Ellendige Eenhoring vir die jong lesers voorgelees. Hier teken hy die boek vir Adriaan Francke (5).Foto: Conrad Bornman
Die bekende Boesman en kultuuraktivis !Áru Ikhuisi Piet Berendse knoop ’n geselsie aan. Hy was baie trots om te sê dit is die RSG wat hom bel. Hy het die kleinspan geleer van spoorsny en die daaglikse lewe van die Boesman in die Kalahari. Dit was deel van die kinderteaterprogram.Foto: Conrad Bornman
Spoegwolf het Donderdagaand die gehoor in die stampvol Kopanong-Kovsiekerk gevra om hul selfoonliggies aan te skakel terwyl hulle “Blou”, ’n snit van Koma, hul nuwe album, gesing het.Foto: Conrad Bornman
James Berlyn van die Tawdry Heartburn: Geheimprojek sal in ruil vir jou geheim gratis vir jou ’n manikuur gee of jou handpalm lees. Foto: Conrad Bornman
Die pianiste Brigitte Botha en Johan Cromhout het die gehoor in die Odei­on meegesleur na die wonderwêreld van die musiek van die meesters. Flying Fingers het werke ingesluit van Mozart, Schubert, Arensky en Liszt. Die blaaier is Anchen Froneman. Foto: Conrad Bornman
Dié “lugkastele” is deur Bloemfontein-gemeenskapslede ontwerp. Die skeppers van We can be heroes het inspirasie geput uit die Suidelike Halfrond se sterrekonstellasies, plaaslike mitologie en loutere verbeelding. Hulle wou die ruimte bo oogvlak aktiveer om mense te dwing om op te kyk. Foto: Conrad Bornman
Ruda Landman gesels Vrydag met die ontleders Pieter du Toit van News24 en Max du Preez van die nuut-herleefde Vrye Weekblad in die ATKV-boekeoase as deel van die kunstefees. Foto: Conrad Bornman
kunstefeesFoto: Mlungisi Louw
Twee straatkunstenaars vermaak feesgangers met hul verstommende toertjies. Die twee sterkmanne is Ally Diwa (onder) en Ismael Athman. Foto: Charles Smith
Ouma Ossewania gooi die gehoor met ’n skoot water nadat hulle in kru Afrikaans gevra is om die teater te verlaat.Foto:

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.