Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
US Woordfees
Gesteelde bakkie inspirasie vir komiese stuk
Jeremeo le Cordeur in ‘Dude, wa’s my bakkie?’ Foto: Patrick Adams

’n Langer weergawe van die dramaturg en akteur Jeremeo le Cordeur se komiese teaterstuk Dude, wa’s my bakkie? gaan volgende jaar by die Toyota US Woordfees in Stellenbosch debuteer.

Die solovertoning ryg die karakter Dean September (vertolk deur Le Cordeur) se herinneringe van sy geliefde Nissan 1400-bakkie aaneen, kort nadat dit gesteel word. Die stuk is gegrond op Le Cordeur se eie bakkie wat in 2016 in Rondebosch, Kaapstad, voete gekry het.

“Dis eintlik toevallig dat Dude verkort is,” sê Le Cordeur. “Dit was aanvanklik ’n vollengte teks, maar ek moes baie daarvan wegsny sodat dit saam met Jerry: An Unconventional Hero (nog ’n kort stuk uit sy pen) opgevoer kon word.”

Nadat albei kortstukke ’n jaar gelede in die Alexander Bar-teater in Kaapstad gedebuteer het, het dit ook by die Woordfees, die Suidoosterfees en die Vrystaat Kunstefees gedraai. Le Cordeur het egter bly hoop dat die langer weergawe van sy verkorte werk ook ’n plek in die kollig sal kry.

“Ek is baie opgewonde dat die volle Dude nou op die Woordfees gaan debuteer,” sê hy. “Gehore het eintlik nog net die helfte daarvan gesien. Daar is heelwat snaakse tonele in die teks wat ons nooit die geleentheid gehad het om te doen nie.”

Voordat hy dié langer weergawe die eerste keer in die nuwe jaar gaan aanpak, gaan albei kortstukke saam met die stuk Mama vir oulaas in die Baxter se Masambe-teater in Kaapstad opgevoer word. Al drie stukke is deur Le Cordeur se onderneming, Vulture Productions, vervaardig. Hy het die onderneming in 2010 begin.

Hy sê die trio bly gewild omdat dit “regtigwaar ’n nice en eerlike depiction van bruin kultuur is”.

“Die stories in al drie shows is gegrond op real-life stories,” sê hy. “Dis ook in onse mense se taal geskryf en die unieke manier wat ons praat – ’n mengelmoes wat onse mense lekker laat voel.”

Daar’s soveel talent in ons gemeenskappe, maar veral 'youngsters' voel hulle kan nie doen wat ek nou doen nie, want hulle sien nie genoeg van hul stories op die planke nie.
Jeremeo le Cordeur

Le Cordeur sê dis belangrik om stories wat uit die kultuur van Kaapse bruin mense spruit in Afrikaaps op die verhoog te verbeeld.

“Daar’s soveel talent in ons gemeenskappe, maar veral youngsters voel hulle kan nie doen wat ek nou doen nie, want hulle sien nie genoeg van hul stories op die planke nie.

“Vandat ek vanjaar meer stories oor bruin kultuur vertel, is ek geïnspireer om nog meer te doen, want dit is vir my ook ’n cultural journey na my eie roots.”

Die dramaturg sê hy is daarom besig om aan die stuk Appelkooslaan te skryf, ’n straat in Wellington waar hy grootgeword het. Hy regisseer ook Keanen Engel se stuk Nancy, Shiela & Gayle – ’n LGBTQ-stuk oor die fopdoskultuur in bruin gemeenskappe – wat ook by die Woordfees te sien sal wees.

“Ek dink ek het my niche wat cultural aspects betref in shows gevind. Dit (Kaapse bruin kultuur) is so ’n unieke deel van Suid-Afrika én Kaapstad, so ek wil nou soveel as moontlik stories daaroor skryf.

“Só kan ek verseker dat ek my mense se stories die toekoms in dra.”

  • Die vertoning Vulture Productions Showcase, wat bestaan uit die drie kort teaterstukke Dude, wa’s my bakkie?, Jerry: An Unconventional Hero en Mama, word van 19 tot 28 Desember in die Baxter se Masambe-teater in Kaapstad opgevoer. Daar is om 20:00 en 14:30 vertonings. Kaartjiepryse wissel tussen R80 en R120. Bespreek by Webtickets. Die ouderdomsbeperking is OL 13.
  • Die langer weergawe van Dude, wa’s my bakkie? word tydens die Toyota US Woordfees op 6 Maart om 15:00, 7 Maart om 16:30 en 8 Maart om 14:00 in die Hoër Meisieskool Bloemhof se skoolsaal in Stellenbosch opgevoer. Kaartjiepryse wissel tussen R100 en R120 (R140 by die deur). Bespreek by Computicket. Die ouderdomsbeperking is OL 13.
Meer oor:  Feeste  |  Komedie  |  Teater  |  Woordfees2020  |  Woordfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.