Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
US Woordfees
Kleynhans is nuwe kurator by US Woordfees
Theo Kleynhans

Theo Kleynhans is die nuwe kunskurator van die US Woordfees in Stellenbosch.

Saartjie Botha, die feesdirekteur, sê sy is baie opgewonde om dié bekroonde kunstenaar en ervare kurator in die Woordfeesspan vir 2019 te hê.

Kleynhans het reeds voorheen die Woordfees se visuelekuns-program behartig, maar hy meen hy is die enigste kurator wat al die Woordfees, Aardklop én die KKNK se kunsaanbiedings saamgestel het.

In sy eie werk spits Kleynhans, wat ook ’n gerekende beeldhouer is, hom op keramiekkuns toe. Hy sê hoewel hy deeglik bewus is dat 2019 ’n verkiesingsjaar is, sal sy hooffokus as kurator steeds skoonheid bly.

“Ek beywer myself om werk van hoë tegniese gehalte te wys wat die vakmanskap van die kunstenaar blootlê. Ek hou van ’n voorwerp wat goed gemaak is.”

Kleynhans reken die grootste kopseer van ’n kurator is nie noodwendig wat om in te sluit nie, maar eerder wat om uit te sluit. Dié uitdaging maak hom egter opgewonde.

Theo KleynhansFoto: Salmon Becker

“Ek sien vreeslik uit daarna om die visuele kunsprogram vir die Woordfees 2019 aanmekaar te sit. Kunstenaars is uiteraard taamlik moeilik om te bestuur, maar ek het gelukkig al geleer uit my jare se ervaring hoe om met die spesie te werk. Vroegtydige sperdatums is van lewensbelang. Kom kyk gerus – dit sal die moeite werd wees.”

* Aansoeke vir die Woordfees 2019 se toneel- en musiekprogram het op 14 Mei geopen. Die aansoekvorms is by woordfees.co.za, die US Woordfees se webtuiste, beskikbaar.

Die aansoeke vir visuele kunste open op 7 Junie en die aansoekvorms sal eersdaags op dieselfde webtuiste beskikbaar wees.

Meer oor:  Us Woordfees  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.