Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
US Woordfees
’n Week van vermaak en woorde lê voor
David Kramer lig Saterdagaand sy hoed ten tyde van sy optrede op Goosen se verjaardagkonsert.

Stellenbosch. – Buiten verhoogstukke, musiekoptredes en kuier onder die eikebome, kan Woordfeesgangers vandeesweek uitsien na talle – en gratis – stimulerende gesprekke.

In die “Praat Saam”-gespreksreeks, wat regstreeks op RSG uitgesaai gaan word, word “Nasiebou en ’n gedeelde geskiedenis” vanoggend om 08:00 in die Plataan onder leiding van Max du Preez bespreek.

Toegang is gratis.

Anton Goosen en Sonja Herholdt sing ’n duet op Goosen se 70ste verjaardagkonsert, Die Liedjieboer, Saterdagaand in die Spier-amfiteater. Talle Afrikaanse kunstenaars soos Gian Groen, David Kramer en Gert Vlok Nel het ook opgetree. Foto’s: JACO MARAIS

Môre kom die onderwerp “Besigheid en burgerskap” aan die beurt waar die vraag “Is nasiebou werklik ’n proses wat van bo af aan mense geleer kan word?” onder die loep kom.

* Henry Jeffreys, oudredakteur van Die Burger, lei vanaand om 19:00 die Frederik van Zyl Slabbert-gespreksreeks waar “Die vakbonde en die dekades vorentoe” in die Khaya bespreek word.

Toegang is gratis.

Môre word die vraag “Is die nasionale ontwikkelingsplan gedoem tot papier?” op dieselfde tyd en plek bespreek.

Goosen omhels Lise Swart, die seremoniemeester. Alexa Strachan (regs), die vervaardiger van die konsert, hou ’n kitaar vas wat deur die organiseerders van die Woordfees aan Goosen gegee is. Die kunswerk agterop die kitaar is deur Vernon Swart.

* Intussen het AfriForum Jeug gister ontken dat een van sy lede onvanpaste aanmerkings oor verkragting gemaak het.

Dié beweerde aanmerkings het Vrydagmiddag daartoe gelei dat ’n groep kaalborsvroue ’n boekbekendstellingsgesprek op die Woordfees ontwrig het.

Luidens ’n verklaring het AfriForum Jeug hul regspan opdrag gegee om ’n saak van laster teen die lede en aanhangers van OpenStellenbosch te ondersoek.

“Verkragting is een van die afskuwelikste misdade denkbaar. Met OpenStellenbosch se optrede bewys hulle nie net dat hulle nie tussen feit en fiksie kan onderskei nie, maar dat hulle bitter onsensitief teenoor die slagoffers van hierdie walglike daad staan,” het Marcus Pawson, woordvoerder van AfriForum Jeug gesê.

Meer oor:  Henry Jeffreys  |  Max Du Preez  |  Stellenbosch  |  Woordfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.