Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
US Woordfees
Skryf jou kortverhaal vir Woordfees-bundel in!

Inskrywings vir die sesde Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel word amptelik weer ingewag.

Só het die Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel in 2018 gelyk. Foto: dutoitskloof.co.za

Skrywers word genooi om splinternuwe Afrikaanse kortverhale van tussen 1 500 en 3 000 woorde vir publikasie in die bundel voor te lê.

Suksesvolle inskrywings sal met R5 000 beloon word, terwyl die skrywer van die wenverhaal danksy Du Toitskloof Wyne R30 000 in die sak sal steek.

Volgens ’n mediaverklaring word die temas van kortverhale “geheel en al aan die skrywer oorgelaat” en hoef die feestema van volgende jaar se Woordfees, wat nog bekend gemaak moet word, nie ’n tema in die kortverhale te wees nie.

Sowat 25 verhale sal eindelik in die bundel opgeneem word. Dié verhale sal tydens die Woordfees-programbekendstelling bekend gemaak word. Die wenverhaal sal egter eers tydens die bundelbekendstelling by die Woordfees in 2021 aangekondig word.

Inskrywings in ’n Word-formaat moet voor 30 September om 16:00 op https://www.woordfees.co.za/kortverhaal-kompetisie/ ingedien word. Skrywers moet daarop let dat die inskrywing aan ’n stel riglyne, wat op dieselfde webblad beskikbaar is, moet voldoen.

Navrae kan per e-pos aan feesnavrae@gmail.com gerig word. Besoek www.woordfees.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Toyota Us Woordfees  |  Kortverhaal  |  Boeke  |  Woordfees  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.