Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
US Woordfees
Skryf jou verhaal in vir Woordfees se bundel

Skrywers kan nou die penne opneem en hul kortverhale instuur vir die sewende US Woordfees-kortverhaalbundel. Al die vorige bundels is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en gunstig deur kritici ontvang. Die bundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind, lui ’n verklaring van die fees.

Die prysgeld, geborg deur Du Toitskloof Wyne, beloop R30 000 vir die skrywer van die wenverhaal.

Die res van die skrywers wie se verhale in die bundel opgeneem word, sal elkeen R5 000 ontvang, met Du Toitskloof Wyne wat ook ’n bydrae tot die prysgeld maak.

Die name van skrywers wie se verhale vir die bundel gekies word, sal in November vanjaar in die media bekend gemaak word. Die wenverhaal sal eers in 2022, tydens die bekendstelling van die bundel, aangekondig word.

Die publikasie van die 2021 Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel is vanjaar saam met die fees uitgestel. Dié bundel, met die feestema Iets anders as titel, sal in Oktober op die Toyota US Woordfees TV-opwipkanaal bekend gestel word. Die 2021-wenner sal ook by die geleentheid aangekondig word.

Daar is geen voorgeskrewe tema vir die verhale nie – skrywers is vry om enige tema te gebruik.

’n Maksimum van 25 verhale sal vir die bundel gekies word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is om 17:00 op 30 September 2021.

Inskrywings wat later as 17:00 op 30 September 2021 ontvang word, sal nie in aanmerking kom nie. Inskrywings sal met ontvangs erken word.

Die aanlyn inskrywingsvorm en meer besonderhede is op die webtuiste te kry. Klik op kortverhaal-kompetisie.

Navrae kan per e-pos aan woordfeesbemarking@sun.ac.za gerig word. Slegs skriftelike navrae sal beantwoord word.

Vir meer inligting oor die Toyota US Woordfees, besoek www.woordfees.co.za.

Meer oor:  Woordfees  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.