Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
US Woordfees
Spoegwolf vaar op eerlike ‘See’ by Woordfees
Spoegwolf se lede sluit (van links) Albert van der Merwe, Chris von Wielligh, Danie du Toit en Moskou du Toit in. Foto: Argief

Aanhangers van Spoegwolf het waarskynlik déjà-vu ervaar toe die musiekgroep op Valentynsdag hul vyfde ateljeealbum, See, uitreik.

Die groep – wat bestaan uit Chris von Wielligh (kitaar), Moskou du Toit (tromme), Danie du Toit (stem en kitaar) en Albert van der Merwe (baskitaar) – het ook op Valentynsdag verlede jaar hul vorige album, Koma, uitgereik. Van der Merwe sê daar’s ’n goeie rede daarvoor.

“Ons het al vroeg besluit dat ons See op Valentynsdag wou uitreik omdat ons met Koma besef het die diep en donker aard van die musiek staan baie mooi uit teen die oppervlakkige soetsappigheid van Valentynsdag,” sê hy. “Dit gee die luisteraar iets meer om aan te ‘kou’.”

Die album sluit liedjies soos “Lenie Blou II”, “Seile”, “Gordyne” en “As ek f****d is” in, en vloei volgens van der Merwe soos Koma “sonder lasplekke” van een lied na ’n ander.

“Die tussenspele en kunstige byklanke help om ’n goue draad deur die album te trek,” sê hy. “Daarby vloei die liriese inhoud ook saam met die narratief terwyl die musiek vir ons die verskillende emosies van die see aangee.”

Hy sê die album “gaan oor die omsit van pyn en teëspoed na vreugde en krag. Dit gaan oor die shitty dinge wat met ons gebeur en oor hoe ons wonde die seile word wat ons vorentoe trek.”

Die album word beskryf as “baie eerliker, harder en op plekke baie sagter” as hul vorige werk, wat die albums Swaartekrag (2012), Somer (2015), Die donker toring (2017) en Koma (2019) insluit.

Hoekom eerliker?

“Met See is ons die mees ervare ‘weergawe’ van die band,” sê Van der Merwe. “Ons het almal baie meer lewenservaringe gehad sedert Swaartekrag, en ek dink ons het nou ’n skoner spieël om teen die lewe op te hou.”

  • Spoegwolf gaan liedjies op hul jongste album, See, en van hul ander treffers op die Toyota US Woordfees sing. Die konsert vind op 11 Maart om 18:30 in die Toyota Jan Marais-natuurreservaat plaas. Kaartjies kos R120 op Computicket en R140 by die ingang.
  • See is onder meer op spoegwolf.com en iTunes beskikbaar.
Meer oor:  Spoegwolf  |  See  |  Musiek  |  Toyota Us Woordfees  |  Woordfees2020  |  Woordfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.