Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
US Woordfees
Suna Venter by Woordfees gehuldig

Die lewe van die joernalis Suna Venter, een van die sogenaamde SAUK 8, wat in 2017 op 32 dood is weens gebrokehartsindroom (streskardiomiopatie), was dapper en vol liefde.

Suna Venter, een van die SABC 8, wat in 2017 oorlede is.Foto: Argief

Sy het ander aan hul etiese verantwoordelikhede herinner, en wat sy gedoen het was uiters belangrik in ’n tyd toe die land in beroering was.

So het Pumla Gobodo-Madikizela, bekleër van die navorsingsleerstoel in studies oor historiese trauma en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch, Dinsdag by ’n gedenkdiens vir Venter gesê.

Die gedenklesing is aangebied in die Drostdy-teater in Stellenbosch tydens die jaarlikse Woordfees.

Venter was deel van ’n groep van agt joernaliste by die SAUK wat afgedank is en later heraangestel is nadat hulle beswaar gemaak het teen Hlaudi Motsoeneng, oudhoof van die SAUK, se beleid om nie meer beeldmateriaal van gewelddadige protes uit te saai nie.

“Venter het namens ons gepraat, en daarom moet ons haar nagedagtenis vier. Ons moet onsself daaraan herinner dat ons moet opstaan en kapsie maak teen die aaklige goed wat om ons gebeur.”

Volgens Gobodo-Madikizela sal ’n mens jou oë en ore wil toemaak as jy hoor wat tans in die land aangaan, en van die onthullings wat voor die Zondo-kommissie en ander aan die lig kom.

“Maar ek dink dit is tyd dat ons na korrupsie kyk as ’n misdaad teen die mensdom. Ons moet opstaan vir die waarheid soos Venter het.

Suna Venter was een van Suid-Afrika se nuwe-generasie- vryheidsvegters en sy het opgestaan teen pogings om vryheid van spraak by die SAUK te muilband.

“Ek kan nie aan ’n beter mens dink as Suna Venter om met hierdie gedenklesing te eer nie,” het prof. Jonathan Jansen, dosent aan die US se onderwysdepartement, gesê.

“Suna Venter was een van Suid-Afrika se nuwe-generasie- vryheidsvegters en sy het opgestaan teen pogings om vryheid van spraak by die SAUK te muilband.”

Venter se ouers, asook Foeta Krige, een van die SAUK 8 en Venter se kollega, was teenwoordig by die lesing.

Meer oor:  Woordfees  |  Suna Venter  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.