Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
US Woordfees
Woordfees stel 2019-program bekend met deurnagparty
Die Woordfees se banier vir 2019, wat sy 20ste verjaardag vier.

Op 16 November gaan daar deurnag in Stellenbosch gejol word wanneer die US Woordfees sy program vir volgende jaar bekend stel.

Die fees vier volgende jaar sy 20ste verjaardag en die tema is “jonk”, luidens ’n verklaring.

In 1999 is die eerste Woordfeesprogram met ’n soortgelyke deurnagpartytjie bekend gestel. Vanjaar sluit dit musiek, poësie, komedie, toneel, dans en rolprente in, wat grootliks in die Adam Small-teaterkompleks (voorheen bekend as die HB Thom-teater) en by die konservatorium in Stellenbosch aangebied word.

Die joligheid begin die Vrydagaand om 22:00 en duur tot Saterdagoggend om 05:30.

Die digters Bibi Slippers en Jolyn Phillips sal voorlesings doen uit hul bekroonde digbundels. Die komediant Shimmy Isaacs sal die “bielie kielie” en Die Wasgoedlyn gaan musiek maak.

Conway October, Yaseen Manuel en Ray Claasen sal gehore vermaak met hul dans en die rolverdeling van die Die avonture van Bal-oog en Brommel sal ’n uittreksel doen uit dié toneelstuk.

Andries Bezuidenhout, Danie Marais en Desmond Painter bied Dames en here, Leonard Cohen aan. Dié huldeblykproduksie, met akoestiese weergawes van Cohen-treffers, se kaartjies het by vanjaar se Woordfees vinnig uitverkoop.

Rolprente sal ook deurlopend in die Adam Small-laboratoriumteater (deel van die kompleks) vertoon word.

Dié deurnagfees eindig die volgende oggend met ’n orreluitvoering deur Zorada Temmingh in die Moederkerk.

Die publiek kan ook by die deurnagpartytjie aansluit teen R100 ’n kaartjie, wat by Computicket te koop is. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.