Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Aardklop bied bekendes teen net R20 per dag
Jakkie Louw
Amalia Uys

Met die Aardklop-kunstefees se terrein weer op die Bult in Potchefstroom word die ou benadering gevolg om die fees toegankliker vir besoekers te maak.

Chris de Bruyn, lid van die bedryfspan van die Aardklop-komitee, sê kaartjies kos nou R20 per dag, waar dit op die vorige terrein tot R100 gekos het. ’n Weekkaartjie kos R60 en kinders jonger as 12 het gratis toegang vir die duur van die fees.

“Ons het besluit om die terrein tot twee verhoë te beperk – die ATKV-verhoog en die kyk­NET-verhoog. Ons gaan dit balanseer deur soggens op die kinders te fokus en later deur die dag dit meer gemeenskapsge­drewe te maak. Saans sal een of twee groot name optree.”

Die feesterrein gaan sowat 400 stalletjies hê met baie wat vantevore by die fees was.

Musikante soos Bouwer Bosch, Pieter Smith, Nagligte, Lianie May, Ray Dylan, George Meiring, Jakkie Louw, Jennifer Zamudio, Manie Jackson, Heinz Winckler, Dozi, Tobi Jooste, die Coffee Snobs, Nicholis Louw en Willem Botha tree op die kyk­NET-verhoog op.

Volgens Nelius Ferreira, wat by die kykNET-verhoog se reëlings betrokke is, kon musikante aansoek doen om hier op te tree. “Met die samestelling van die program het ek enersyds probeer om aan jong opkomende musikante die geleentheid te bied om hul musiek en talent te kom bekend stel, maar ook om aan die publiek die musikante te bied wat hulle goed ken.

Richard van der Westhuizen

“Al die musikante was ongelooflik tegemoetkomend en het Aardklop onregstreeks ondersteun deur teen ’n verlaagde koste op te tree. Op dié manier kon ons ’n gebalanseerde en ­omvattende musiekprogram saamstel.”

Talle bekende name tree ook as seremoniemeesters op. Hulle sluit in Simone Nortmann, Francois Jacobs, Ruan Wessels, Elani Dekker, Amalia Uys, ­Stiaan Smith, Bennie Fourie, André Lotter en Zak Hendrikz.

“Met die seremoniemeesters wou ek graag die opkomende kykNET-rolprente se akteurs gebruik. Die keuse van akteurs as seremoniemeesters skep ook die platform waar ons vir die publiek by die kykNET-verhoog meer inligting kan gee oor rolprente wat later in die jaar bekend gestel word. Die gehoor kan dus eerstehands uit die mond van die akteurs hoor wat op hulle wag met betrekking tot nuwe uitreikings.”

Musikante wat op die ATKV-musiekverhoog optree, sluit in Jack Hammer, Leon Ferreira, Klopjag, Richard van der Westhuizen, Steffie le Roux, Bacchus Nel, Saarkie en Luna Paige.

Aardklop duur van 4 tot 9 Oktober.

Meer oor:  Potchefstroom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.