Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Aardklop vind nie vanjaar plaas

Die gewilde Aardklop-kunstefees in Potchefstroom gaan nie vanjaar voort nie.

Dié skoknuus is Dinsdag deur Alexa Strachan, uitvoerende hoof van die Aarklop-kunstefees, bekend gemaak.

Sy sê in die verklaring “ná deeglike oorweging” deur die direksie en bestuur van die Aardklop-kunstefees word die fees nie meer soos beplan van 28 September tot 2 Oktober gehou nie.

Alexa Strachan

“Aardklop is in wese ’n massabyeenkoms waar duisende kuns- en kultuurgeesdriftiges jaarliks in Potchefstroom bymekaarkom en tydens die skoolvakansie feesvier,” sê Strachan.

Die onsekerheid wat die voortslepende Covid-19-pandemie meebring en die gevolglike uitwerking op die datums van skool- en universiteitsvakansies, het die besluit genoodsaak om Aardklop te kanselleer, sê sy.

“Aardklop en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus bly egter verbind tot die kunste en die kunstegemeenskap.

“Almal, van die kunstenaars tot tegnici, het nou meer as ooit ons ondersteuning nodig, daarom gaan Aardklop voort met ’n verskeidenheid projekte, waaronder Aardklop Aubade by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, die jaarlikse tiener- en studente-toneelproduksie Pronk Podium, en die aanlyn kinderprojek, Klopkidz.”

Meer oor:  Aardklop  |  Potchefstroom  |  Uitgestel  |  Pandemie  |  Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.