Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Amsterdam hou Afrikaanse fees
Johan Smit (baskitaar) en Gert Vlok Nel het Saterdag die Afrikaanse fees op de Brakke-grond in Amsterdam geopen.Foto: Verskaf

Nederlanders is Saterdag weer blootgestel aan Afrikaanse kultuur, kuns, produksies en produkte tydens die vierde Afrikaans op de Brakke Grond in Amsterdam.

Ander aktiwiteite het ingesluit die proe van Suid-Afrikaanse wyne, lesings oor Afrikaanse kuns en die waardasie van kunswerke, sang- en toneelopvoerings en rolprentvertonings.

Ellen: Die Ellen Pakkies-storie is die verhaal van ’n ma wat haar tikverslaafde seun vermoor - dit is Saterdag vertoon en die Die rebellie van Lafras Verwey kom Sondag aan die beurt.

Riku en Jackie Lätti en die gospelkoor The Elzabad Voices het liedjies uit “Abraham”, die 2015-rolprent van Jans Rautenbach, gesing. Rautenbach is in November 2016 dood.

Riku het die musiek vir die rolprent geskryf.

Die fees sluit Sondagaand af met ’n groot sangfees waaraan alle kunstenaars, ook van Nederland en Vlaandere, gaan deelneem, asook ’n braai.

Meer oor:  Amsterdam  |  Afrikaans  |  Kultuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.