Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Beeld-leser kan heerlike avontuur Oppiwater wen

’n Gelukkige Beeld-leser het nie net die kans om ’n kajuit vir twee mense op die Oppiwater Kunstefees te wen nie, maar ook om met bekendes sosiaal te verkeer.

RSG en Lefra Produksies se baie gewilde Oppiwater Kunstefees aan boord van die MSC Orchestra word van 5 tot 10 April vir die sewende jaar aangebied.

Rocco de Villiers is een van die kunstenaars wat op RSG en Lefra Produksies se Oppiwater Kunstefees gaan optree.

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra en feesdirekteur, sê hy is opgewonde, want vir die eerste keer vaar MSC se nuwer en luukser MSC Orchestra in Suid-Afrikaanse waters.

“Ons is baie in ons noppies dat ons vanjaar die Oppiwater Kuns­tefees op die MSC Orchestra kan aanbied. Dit is luukser en ’n baie nuwer skip wat deur ons feesgangers geniet kan word.”

Van die produksies sluit in Lag van die huil saam met Mathys Roets en Dana Snyman, Groet die grotman 2 met Wynand van Vollenstee en Liewe hemel, liewe aarde met Rocco de Villiers en Lizelle le Roux.

Vanjaar vaar die MSC Orchestra van Kaapstad na Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai en kan gaste kies uit meer as 30 Afrikaanse teaterproduksies.

Feesgangers kan hul kajuit bespreek by MSC by 087 630 0333, of 086 999 0505 of op oppiwater.­co.za.

Sodra feesgangers die kajuit bespreek het, kan hulle teaterkaartjies by Computicket teen baie lae gesubsidieerde pryse bespreek.

Só wen jy:

Om in aanmerking te kom vir die prys, SMS Lefra Oppiwater Beeld met jou naam en van, as­ook dorp of stad as verwysings na 33000.

’n SMS kos R1,50.

Die wenner word op Maandag 30 Maart getrek en word op 31 Maart in Beeld aangekondig. ) Meer besonderhede op bl. 20.

Die pryse sluit in:

Vir meer inligting skakel 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com.

Meer oor:  Oppiwater Kunstefees  |  Bekendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.