Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Beleef Suidoosterfees vanjaar as inryteater
Emo Adams tree op in ‘Kaapse Jol!’.

Vanjaar se Suidoosterfees is nie afgestel soos van die ander kunstefeeste nie, maar herleef as ’n inryteater met ’n stampvol program.

Van 4 tot 15 November kan uitgehongerde feesgangers, wat baie van hul plesiere weens die koronaviruspandemie moes prysgee, in Montagu Gardens by Atlantic Studios (die ou Makro) optredes van Marc Lottering, Emo en Loukmaan Adams, Francois van Coke, die Tygerberg-kinderkoor, ’n eg Kaapse Maleierkoor en PJ Powers beleef. En dit in die gemak en veiligheid van hul eie motor.

Boonop kan feesgangers heerlike padkafee-etes, wat in die Kokkedoorstoor voorberei word, nuttig terwyl hulle na die vertonings kyk.

Produksies, wat op die silwerdoek geprojekteer word, word direk opgeneem terwyl die kunstenaars op ’n buitelugverhoog by Atlantic Studios optree.

Marc Lottering lewer grepe uit sy gewilde inperking-vertonings.

“Dit was vir ons belangrik om die fees uit te stel, en nie af te stel nie. Ons mandaat as fees is om jong talent te ontwikkel, vir kunstenaars geleenthede vir optrede te skep en gehalteproduksies vir feesgangers te bied,” sê Jana Hattingh, uitvoerende hoof van die fees.

“Ons het baie nou saam met die Kaapstad-metro gewerk en verskeie alternatiewe ondersoek wat binne die regulasies val en die veiligheid van gehore en kunstenaars verseker.”

Die vier topverkopers op die Suidoosterfees 2020, wat vroeër vanjaar weens die pandemie uitgestel moes word, was Kaapkreools, PJ Powers en die Tygerberg-kinderkoor, Die Variety Show that Skriks vir Niks en Marc Lottering. Gehore het nou die geleentheid om hierdie produksies by die inryteater te geniet.

Die vertonings begin om 20:00.

Die program is soos volg:

Shimmy Isaacs is een van die mentors vir ‘Lag my kla’’ en tree ook op.

• Die rocker Francois van Coke en die kletsrymer Early B tree op 4 November op.

• Klopse Jol! met Loukmaan en Emo Adams, ’n Maleierkoor en klopse groep, ondersteun deur ’n orkes met tien lede kom op 11 en 12 November aan die beurt.

Koortjies met Jonathan Rubain en vriende op 8 November. Rubain en die koortjies-orkes, Seuns van Sion, Micheala Andrews, David Jantjies, Marco Spaumer (Tim) en Theresa Sedras (Mrs. J) van Suidooster.

• Talle grapjasse verenig in Lag my kla’ op 5 November. Solomon Cupido, Rezah Forbes en Shimmy Isaacs het as mentors vir die Lag my kla’-kompetisie opgetree. Hulle verskyn op die verhoog saam met die wenner-komediante, asook Schalk Bezuidenhout, Alfred Adriaan en Melt Sieberhagen.

In Lottering OnLockdown op 13 November bring Suid-Afrika se gewilde komediant sy snaaksste stories uit twee aanlyn vertonings, My Fellow South Africans en Another One, byeen.

• PJ Powers saam met die Tygerberg-kinderkoor op 14 en 15 November. Feesgangers kan uitsien na treffers soos “Welcome to Africa”, “The Right to Learn”, “Jabulani”, “Sanbonani”, “Destiny”, “World In Union” en “Shosholoza”; en

The Variety Show that Skriks vir Niks met Gary Naidoo, Riyaan Cornelius, Janine Cornelius en Cindy Gibbons op 6 en 7 November.

Die kaartjies kos vanaf R250 per motor, en kan by Computicket bespreek word. Besoek die Suidoosterfees se webwerf (www.suidoosterfees.co.za) vir meer inligting. Verblyfpakkette is by City Lodge beskikbaar teen R1 600 vir twee mense, en sluit bed en ontbyt, ’n inryteaterkaartjie en inry-ete in.

Hierdie projek van die Suidoosterfees is moontlik gemaak deur die departement van kuns en kultuur, die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, die Kaapstad-metro, kykNET, NATi, Die Burger, Media24, Smile FM en Atlantic Studios.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.