Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
‘Beperkte’ Knysna-oesterfees aangebied

Die gewilde Knysna-oesterfees gaan voort en sal in Julie in ’n “beperkte formaat” aangebied word nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand aangepaste vlak 4-regulasies van die staat van inperking afgekondig het.

Die fees sal van 9 tot 18 Julie duur.

Die organisasie Visit Knysna, wat Knysna en omliggende gebied bemark, het in ’n verklaring gesê die fees sal voldoen aan die aangepaste regulasies.

Colleen Durant, bestuurder van Visit Knysna, sê besoekers en inwoners se veiligheid is die belangrikste. Die Knysna-oesterfeeskomitee het die fees hersien en toegewings gemaak vir buigbaarheid ingeval die regulasies in die volgende paar weke opgehef sou word. Weens die vervroegde skoolvakansie is die fees onder die vaandel “Limited Edition” die ideale wegbreek-geleentheid vir gesinne.

Gesinne van dieselfde huishouding en familie kan saam deelneem aan feesitems soos ’n buitenshuise “Rastafari”-gemeenskaptoer, vaarte op ou bote, kanovaarte en gholf in Knysna se groot, oop ruimtes.

Sport-entoesiaste sal virtueel aan die Knysna-bosmarathon en fietsrytoer kan deelneem. Mense sal ook wegneemetes kan bestel by restaurante wat gedurende die fees oop sal wees.

Volgens Monika Iuel, bemarkingsbestuurder van Wesgro, die Wes-Kaapse agentskap vir toerisme, handel en beleggings, is die feesprogram saamgestel met die pandemie in gedagte.

Elrick van Aswegen, Knysna se burgemeester, sê nou meer as ooit verwelkom Knysna besoekers om te help dat die fees nog vir jare wat kom aangebied sal kan word. ’n Wye verskeidenheid van feesitems, hetsy virtueel of fisiek, word aangebied terwyl daar aan die regulasies voldoen word. Dit is ook veilig om sakeondernemings te besoek wat aan streng Covid-19-protokol voldoen.

Mense kan https://knysnaoysterfestival.co.za/ besoek vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.