Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Besoekers kies ‘veilig’ by kunstefees

Die Nasionale kunstefees in Makhanda (Grahamstad) se bywoningsyfer het vanjaar met 4,5% gestyg teenoor verlede jaar. Die hoofbestuurder Tony Lankester het in ’n mediaverklaring gesê dis ’n klein maar belangrike styging gesien in die lig van die ekonomiese klimaat.

Volgens Lankester het mense hoofsaaklik “veilig” gekies wat hulle wil bywoon. Hulle wou nie te veel kanse waag op jong en onbekende stemme nie. Hy is bekommerd dat dit ’n invloed kan hê op nuwe werk en dis nie goed vir die kunste nie.

Nog ’n tendens is dat mense vir korter tydperke na die fees kom. Verlede jaar het mense nog vir ses nagte oorgebly, maar vanjaar was dit minder.

Wilhelm van der Walt en Jemma Kahn in ’n toneel uit The Borrow Pit.

In ’n meningsopname het 90,1% mense gesê die produksies is vir hulle steeds die hoogtepunt van die fees al word daar verskeie ander dinge ook aangebied.

Die bywoningsyfer vir die 44ste fees was 209 677 wat ’n gekombineerde syfer is vir gratis produksies en dié waarvoor daar kaartjies gekoop moes word. Lankester meen nuwe projekte en inisiatiewe het saam met die volgehoue aanbod van goeie kuns tot die styging bygedra.

Een van die nuwe inisiatiewe was die eerste kreatiewe digitale kunstefees wat deel van die fees uitgemaak het. Die ander was die skuif van die handwerkmark na die hartjie van die dorp.

Ashraf Johaardien, die uitvoerende hoof, is verantwoordelik vir die saamstel van die program. Hy sê verkoopsyfers is nie ’n omvattende maat wanneer die doel, rol en geskiedenis van die fees gemeet kan word nie. Dit is nogtans ’n belangrike aanduiding van hoe ’n fees die jaar verloop het.

Die produksies wat vanjaar die meeste kaartjies verkoop het was hoofsaaklik op die hoofprogram. Dit sluit in konserte van Amanda Black, Suzanne Vega en Samthing Soweto. Die galakonsert met die Oos-Kaapse Filharmoniese orkes en die ballet Romeo and Juliet (van Robin van Wyk) met dansers van Kaapstad-ballet was ook baie gewild.

Die dansproduksie wat naas die ballet die gewildste was, is Cape Dance Company se Interplay. The Borrow Pit van Jemma Kahn was die topverkoper vir teater. Sy was vanjaar die Standard Bank jong kunstenaar vir drama. Gehore het African Gothic deur Reza de Wet (onder regie van Alby Michaels) as een van hul gunstelinge aangedui in ’n opname ná die fees.

Die Kaapstadse produksiehuis Followspot Productions het op die randfees gesorg vir vyf van die agt gewildste produksies. Hul produksie Caliente was die topverkoper op die randfees.

Meer oor:  Nasionale Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.