Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Boekfees ‘moet eie stories vertel’
(Van links) Ayanda Billie, Chuma Sogiba en Mxolisi Nyezwa van Imbizo Arts lees ’n paar van die boeke wat dié naweek by die Mandelabaai-boekfees te vind sal wees.Foto: ODETTE PARFITT

’n Fees wat die belangstelling van skrywers, skoliere en boekwurms oor die hele Nelson Mandelabaai sal prikkel, vind dié naweek by die Port Elizabeth-operahuis plaas.

Die Mandelabaai-boekfees, wat sedert 2011 deur die organisasie Imbizo Arts gereël word, is daarop gemik om ’n waardering van skryf- en digkuns by jonk en oud te kweek.

“Skryf is ’n noodsaaklikheid, sodat die mense wat op die kantlyn van gemeenskappe leef hul herinneringe en ervarings kan oordra,” sê Mxolisi Nyezwa van Imbizo, wat in die 1990’s in New Brighton geskep is as ’n groep skrywers wat mekaar ondersteun in hul werk.

“Destyds het boeke gemeenskappe aan die gang gehou, maar nou is boeke met ons eie stories nie meer wyd beskikbaar nie. Inteendeel, ’n kind uit die township sal ’n Harry Potter-boek uit Engeland bestel terwyl die mense hier vindingryke werk lewer wat nie eens die rakke van die plaaslike biblioteek haal nie.”

Dit is juis dié gebrek wat tot die eerste boekfees gelei het, voeg Ayanda Billie, ook van Imbizo, by. “Ons groep is genooi na soortgelyke feeste in ander provinsies, maar in die Oos-Kaap was daar ’n leemte,” sê Billie.

“Toe besluit ons om dit self reg te stel, en te verseker dat ons mense die kans kry om hul eie stories te vertel.”

Die eerste dag van die fees sal op leerlinge gemik word, verduidelik Billie. “As ons nie hulle insluit nie, het ons nie oor 15 jaar lesers nie. Ons sal slypskole en optredes aanbied en Saterdag sal die volwassenes hul beurt kry.”

  • Die fees sal ook stalletjies van boekwinkels en uitgewers insluit, met skrywers soos Mzi Mahola, Allan Horwitz en Lesego Rampolokeng wat praatjies sal lewer. Die fees sal albei dae om 09:00 open en tot 18:00 duur.
Meer oor:  Pe  |  Stories  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.