Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
‘Captain Kirk’ op pad na SA
William Shatner

Die Amerikaanse akteur William Shatner, bekend om sy rol as Captain Kirk in Star Trek, maak in September ’n draai in Suid-Afrika.

Hy sal by die tweede Comic Con Africa-konvensie in Johannesburg optree.

Shatner (88), bekend om sy rolle in reekse soos Boston Legal en kameeverskynings in sitkoms soos The Big Bang Theory, het dit op Twitter aangekondig.

Die konvensie duur van 21 tot 24 September in die Gallagher-konvensiesentrum.

Volgens Shatner se twiet sal hy net tot die 23ste by die konvensie te sien wees.

Shatner het al soortgelyke konvensies bygewoon.

“To boldly go where no man has gone before ...” is ’n bekende aanhaling deur Captain Kirk in die fliek Star Trek V: The Final Frontier.

Ander gaste sluit in Anthony Mackie, Troy Baker en Nolan North.

Besonderhede oor waar en wanneer mense na hierdie gaste kan kyk, is nog onbekend, maar kaartjies kan reeds bespreek word.

Die konvensie word deur Reed Exhibitions Africa en ReedPOP aangebied.

Dit fokus op alle elemente van popkultuur, wat boeke, speletjies, cosplay, flieks en reekse, animasie, klere, en fantasie romans insluit.

Meer as 45 000 mense het die konvensie in 2018 bygewoon, 212 mense het uitgestal en meer as 400 lede van die media het hier aangedoen.

* Besoek comicconafrica.co.za om te bespreek.

Meer oor:  William Shatner  |  Captain Kirk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.