Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Dansende Simson kry musiekbaadjie op planke
Elvis Sibeko
Die danser en choreograaf Elvis Sibeko vertolk die titelrol in Brett Bailey se Samson. Foto: Nardus Engelbrecht

Die Bybelse verhaal van Simson en Delila gaan ’n musikale baadjie kry in die produksie Samson, wat binnekort by die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) te sien sal wees.

Die alombekende verhaal is afgestof deur die bekroonde teaterskepper Brett Bailey, wat Simson uit die Ou Testament gelig en hom in ’n hedendaagse Afrika-konteks geplaas het.

In Bailey se vertelling is Simson ’n held wat die woede van mense wat oor die eeue heen onderdruk en uitgebuit is op sy skouers dra. Hy vaar uit teen ’n establishment wat ongebreidelde kapitalisme, die grootskaalse verskuiwing van mense, ongelykheid, xenofobie en geweld toelaat, maar word op sy tog deur Delila verlei. Hy kom eindelik in ’n aanhoudingsentrum tot ’n val.

Die grensverskuiwende produksie – wat vroeër vanjaar by die Woordfees met twee pryse bekroon is – kombineer koorspraak, dans, animasie en kuns, wat op die verhoog geprojekteer word.

Brett Bailey
’n Toneel uit Brett Bailey se Samson. Foto: Nardus Engelbrecht

Die vertelling word deurgaans begelei deur ’n ensemble wat musiek uit die pen van die Sama-bekroonde musikant en komponis Shane Cooper uitvoer. Cooper was in 2013 die Standard Bank Jong Kunstenaar vir jazz.

Hoewel die produksie se choreografie voorheen deur Vincent Mantsoe behartig is, het die danser en choreograaf Elvis Sibeko, wat ook die titelrol vertolk, sy eie stempel op die choreografie afgedruk.

Die operasanger Hlengiwe Mkhwanazi vertolk die rol van Delila, terwyl Wiseman Sithole, Apollo Ntshoko, Monde Abey Xakwe en Zanele Mbizo ook deel van die rolverdeling is.

* Samson word van 27 tot 29 Junie by die Nasionale Kunstefees in Makhanda aangebied. Kaartjies kos R105 en kan op die kunstefees se webtuiste bespreek word.

Meer oor:  Samson  |  Brett Bailey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.