Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
De Priester prys sy tuisdorp Parys
Jak de Priester Foto: Marais Nell

Sy wortels lê in Parys, sê die sanger Jak de Priester wat op 13 April in sy tuisdorp in die Vrystaat optree as deel van die eerste Parys-kunstefees.

Dié fees met die tema The River Runs Colour wil die dorp as kunsbestemming vestig en veral aan plaaslike kunstenaars blootstelling gee.

Dit is hier waar die kunste De Priester reeds op laerskool aangetrek het. Dit het uiteindelik sy loopbaan geword en verlede jaar het hy sy 15 jaar in die bedryf gevier.

“Ons was maar altyd die outjies wat gedigte gaan opsê het in plekke soos Sasolburg. Ek het drama geneem en ons drama-meneer het ons baie geïnspireer. Ons het aan die ATKV-tienertoneelkompetisie deelgeneem en ek het nog die teks vir ons toneelstuk destyds geskryf. Ons was saam met twee ander skole in die eindronde. Ons het beste akteur gewen en 'n prys vir die beste nuwe teks. Ons het wel nie eerste gekom nie.

“In my grootworddorp het ek gevoel ek wil iets met kunste te doen hê.”

Jak de Priester tree op 13 April by die eerste Parys-kunstefees op. Foto: Marais Nell

Hy is ná skool na die Universiteit van Pretoria (UP) om drama te studeer, maar het later oorgeskakel na ’n BA-graad.

De Priester se konsert op 13 April is een waarmee hy al onder meer in Pretoria en Kaapstad opgetree het.

“In so ’n optrede sal ’n mens van jou ouer musiek ook moet sing. Jy wil graag jou nuwe goed bekendstel en daar is musiek op my jongste album, 15 jaar, wat ek gaan sing. Die konsert het nie eintlik ’n spesifieke titel nie.”

Die album is verlede jaar uitgereik.

Hy het destyds die AKTV Crescendo-kompetisie gewen en sy sangloopbaan sluit ook die temalied van onder meer die sepie Binnelanders en die rolprent Hoener met die rooi skoene in, asook die aanbied van die TV-program Reis na gister op kykNET.

“Ek dink die Parys-kunstefees is wonderlik. Dink maar aan al die inwoners van Johannesburg en Pretoria wat in Parys uitspan. Ek kom ook nog gereeld daar en my ouers woon steeds daar. In my kinderdae was dit rustiger. Daar was veel minder restaurante. Ek was toevallig ’n kelner daar destyds.

“Daar is beslis ’n kunssinnige gevoel, waartoe die fees ook sal bydra.”

* Vrydag 13 April om 18:00 in die O’s-restaurant in Parys. Kaartjies kos R120.

Besoek parysartsfestival.nutickets.co.za om te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.