Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Die Nasionale Kunstefees 2020 seëvier wel aanlyn

Tydens die Covid-19-pandemie steier die land se ekonomie onder die hardnekkige, gedwonge, maar nodige inperkingsregulasies.

Klein ondernemings, kunstenaars en entrepreneurs trek veral aan die kortste end met tientalle feeste wat gekanselleer moes word om sosiale interaksie te vermy.

Maar daar is goeie nuus vir hierdie groep kunstige mense op die horizon.

Net soos Blessing Ngobeni kan Suid-Afrikaanse kunstenaars hul werk aanlyn uitstal tydens die eerste virtuele Nasionale Kunstefees 2020 wat gewoonlik in Makhanda (Grahamstad) aangebied word.

“Die Nasionale Kunstefees 2020 sal nie gekanselleer word nie, maar nou net op ’n ander manier aangebied word,” sê Monica Newton, die uitvoerende hoof van dié kunstefees.

“Dit het behoorlike kopkrap gekos om te besluit hoe om steeds die fees in die Covid-19-pandemie aan te bied.

“Aangesien nie meer as 100 mense op een plek sou kon vergader nie en reis en verblyf nie tans moontlik is nie, moes vinnig aan ’n plan gedink word om steeds dié kunstefees na Suid-Afrika se feesgangers te neem sonder om enige regulasies te verbreek.”

Vir die heel eerste keer sal die Nasionale Kunstefees wat gewoonlik in Makhanda in die Oos-Kaap aangebied word nou vir 11 dae, vanaf 25 Junie tot 5 Julie, aanlyn aangebied word.

Dit beteken nie net dat Suid-Afrikaanse kunstenaars steeds broodnodige blootstelling en finansiële ondersteuning sal ontvang nie, maar ook dat baie meer mense as gewoonlik deel van hierdie besonderse fees en hoogtepunt op die jaarkalender sal wees.

Dit het behoorlike kopkrap gekos om te besluit hoe om steeds die fees in die Covid-19-pandemie aan te bied.

Waar kunstenaars gewoonlik staatmaak op ’n inkomste deur kaartjieverkope vir uitstallings en optredes, sal die aanlyn fees hulle nou selfs aan ’n veel groter gehoor, nasionaal en ook internasionaal, bekend stel.

Verskeie stalletjiehouers wat gewoonlik in koue winterweer hul produkte uitstal en verkoop, sal ook ’n geleentheid kry om dit aanlyn te vertoon.

Die Nasionale Kunstefees het kragte met die Craft and Design Institute (CDI) saamgesnoer om plaaslike entrepreneurs se ware op dié manier te vertoon.

Die CDI is ’n organisasie sonder winsbejag met meer as 19 jaar se ondervinding in hulpverlening aan kreatiewe persone, klein ondernemings en die kuns- en ontwerpsektor.

Hulle ondersteun tans meer as 56 000 ondernemings en individue in informele nedersettings tot in stedelike gebiede.

Te danke aan finansiering deur die departement van kleinsakeontwikkeling sal die entrepreneurs tydens die fees ’n geleentheid gebied word om hul produkte op CDI se gewilde en uniek Suid-Afrikaanse platform www.peek.org.za uit te stal.

Dit is ’n baanbrekersgeleentheid waar die 46ste aanbieding en eerste aanlyn Nasionale Kunstefees 2020 vir altyd in die argiewe van ons kunstefeestegeskiedenis opgeneem sal word.

In samewerking met die Oos-Kaapse provinsiale regering, Standard Bank Suid-Afrika, die departement van kuns en kultuur, Distell en MultiChoice wat die fees borg, sal daar nou verbete beplan word aan ’n fees der feeste.

Kry die reëlings, inligting en aansoekvorms by:

  • Facebook: www.facebook.com/nationalartsfestival
  • Twitter: @artsfestival
  • Instagram: @nationalartsfestival
  • YouTube: NationalArtsFest
  • Die CDI se webtuiste by www.thecdi.org.za
  • www.nationalartsfestival.co.za/news/virtual-naf-announcement/
  • Oos-Kaap se aansoekvorms vir Covid-19-ondersteuning:bit.ly/Covid-vorms.

Die aansoekvorms moet op die laatste teen 12 Junie ingehandig word by COVIDApplications@ecsrac.gov.za.

Meer oor:  Makhanda (Grahamstad)
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.