Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Dis feestyd in Vrystaat

Die enigste warm kol dié week in die Vrystaat is Bloemfontein waar die 18de Vrystaat Kunstefees (VK) Maandag amptelik begin.

Dit is die mening van Ricardo Peach, die feesdirekteur, wat sê geen koue kan bestand wees teen die energie van meer as 1 000 kunstenaars wat in meer as 300 aanbiedings optree nie.

Dié kunstenaars sluit van die beste akteurs in die land in – Sandra Prinsloo, Anna-Mart van der Merwe, Tinarie van Wyk Loots, Dawid Minnaar, Antoinette Kellermann, Albert Pretorius en talle ander.

A.I.R., vanjaar se vlagskipproduksie op die Vrystaat Kunstefees is geskep deur die Australiese kunstenaar Julia Drouhin (voor regs).

Feesgangers kan vanjaar kies uit sowat 100 hooffeesproduksies in ten volle toegeruste teaters, meer as 50 opvoerings op die Vrynge (rimpelfees), 67 literatuuraanbiedings, nege visuele kunsuitstallings, ’n kunsateljeetoer, kinderteater, topkunsflieks van oor die wêreld heen op die filmfees en fynproewer-kosaanbiedings. Die Reza de Wet-tienertoneelfees en ’n program in die Planetarium op Naval Hill is ook weer deel van die fees.

Diegene wie se beursie plat is, sal nie teleurgestel word deur die tientalle gratis produksies wat in samewerking met internasionale kunstenaars aangebied word nie. Volgens Peach sal jy dié werk nêrens anders te sien kry nie, net dié week op die fees.

Dit behels plekspesifieke produksies op Hoffmanplein en die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat en sluit die vlagskipproduksie A.I.R. in.

Hoogtepunte wat hy uitsonder, is die grensverskuiwende Alpha en GodgOdgoD, asook onafhanklike kunstenaars se uitsoekwerk soos die dramas Harry & Jackie, Vertel nog en Charred Lullabies.

Aan die musiekfront noem hy Duo! met die tjellis Jacques-Pierre Malan en Vyf klaviere.

Peach sê “die VK is besig om hom as die belangrikste internasionale fees in Afrika te vestig wat weerspieël word deur meer as 40 buitelandse skrywers en kunspraktisyns uit Australië, Europa, Kanada, Brittanje, die VSA, Singapoer en verskeie Afrikalande wat vandeesweek hier saamgetrek is”.

Eerstes op die fees is die Pan-African Creative Exchange (Pace), wat reeds die naweek plaasgevind het, en ’n spitsberaad deur Vrystaat Kuns en Gesondheid.

Te oordeel na die kaartjieverkope van produksies wat reeds uitverkoop is, onder meer Karen Zoid en 3 Susters, en Operasie Holm! en The Parlotones wat nog net enkele plekke beskikbaar het, verwag Peach vanjaar meer feesgangers as die sowat 255 000 van verlede jaar.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.