Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Dít is goed, sê Jerry oor teater op fees
Jerry Mofokeng

Jerry Mofokeng se handdruk is ferm – byna soos sy greep op Suid-Afrikaanse teater en sy opinie oor meertaligheid.

Hy begin sommer dadelik praat oor sy nuutste teaterproduksie, My Father’s Daughter – Qomatse, wat vanjaar op die Vrystaat Kunstefees opgevoer word.

“Dit is senutergend om die karakter te bewoon, om die woorde wat ek self geskryf het, te sê en ook terselfdertyd die gehoor te voer. Dis baie moeilik,” sê Jerry.

Hy vertel dat dié produksie, wat baie op die noodtoestand in Lesotho fokus, daarop gemik is om te wys dat dit nie net Engels en Afrikaans is wat as professionele tale beskou moet word nie, maar wel álle tale.

Dit is juis hieroor dat My Father’s Daughter – Qomatse in Engels, sowel as ­Sotho, opgevoer word.

“Dit is belangrik dat alle tale met respek en waardigheid behandel word.”

Oor die taalkwessies in Suid-Afrika voel hy baie sterk.

“Ons is waansinnig om te dink meertaligheid is ’n swakheid!

“ ’n Mens gaan na die ­botaniese tuin toe vir die verskeidenheid blomme.

“Verbeel jou ons was ­almal Japanners en het ­almal dieselfde gelyk en dieselfde taal gepraat – nee man.”

Hy sê dat hy ’n punt daarvan maak om Suid-Afrikaanse tale ook oorsee te praat.

“Wanneer ek en my vriendin, Pat van Heerden, mekaar in New York ontmoet, praat ons net Afrikaans met mekaar.”

Jerry gee uiting aan sy emosies deur verskeie ­projekte aan te pak en hy het heelwat hooi op sy vurk.

Deesdae hou hy homself met toneelspel besig. Hy het vroeër vanjaar ’n rol in die Afrikaanse produksie In ongenade op die Woordfees in Stellenbosch vertolk.

In die toekoms gaan hy ook ’n rol in ’n sepie ­vertolk, en ook in twee ­internasionale flieks speel.

Oor die Vrystaat Kunstefees hoef Jerry nie lank te dink voordat hy, in Afrikaans, antwoord nie.

“Dis die beste plek om te kuier!

“Die teater-spyskaart is die beste. Daar is meer as genoeg vir elkeen.

“En dit is goed.”

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.