Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Edge bied aweregse tonele en ou wenners
Taryn Bennett
James Cairns

Aweregse vertonings deur ou staatmakers en nuwelinge sal weer snykant-teaterkuns op die Nasionale Kunstefees se rimpelfees, genaamd The Edge, aanbied.

Een daarvan is The Blue Period of Milton van der Spuy. Die teks verwys na die digter, maar dié Milton se talente lê elders. Greig Coetzee het die komplekse karakter geskep aan wie Francis Mennigke gestalte sal gee. Dit is uiteindelik ’n draakstekery met kuns in al sy vorme.

James Cairns Against Humanity (Contagious Theatre) keer terug sodat die gehoor weer ’n kans kan kry om deel te neem. Dié improvisasie-teater begin met vyf feite waaruit ’n storie ontwikkel word. Nie eens die akteur weet waarheen dit gaan lei nie.

Nog ’n produksie uit die Contagious Theatre-stal is Silkworm, wat verlede jaar die Standard Bank Ovation-prys gekry het. Die storie word vertel deur die oë van die sosiaal wanaangepaste Georgina Aurora Clementine wat wys hoe klein dingetjies in die lewe groot kan wees.

Taryn Bennett is die aktrise.

Qondiswa James, ’n jong regisseur, bring haar weergawe van Athol Fugard se Statements after an Arrest under the Immorality Act op die planke. A Faint Patch of Light gaan oor twee vroue wat in ’n verhouding is en hul stryd om erkenning.

Nog ’n nuwe regisseur is Kei-Ella Loewe wie se Winging it! The Turbulent Revelations of Meghan and Shivan oor twee swak Suid-Afrikaanse lugwaardinne gaan wat vir ’n ewe swak Suid-Afrikaanse lugdiens genaamd Air Bermuda werk. Loewe, Tazme Pillay en Rosa-Karoo Loewe nooi die gehoor om saam te gaan op pretvlug FU666.

Wessel Pretorius

Die talentvolle Wessel Pretorius (Undone) bied ’n gedekonstrueerde Passiespel aan, The Gospel According to Jan Coetzee. Jan is ’n Afrikaanse plattelandse seun wat glo hy is geroep om die Afrikaner na verlossing te lei.

Die gehoor leer ook sy sogenaamde dissipels ken, insluitend die vrou op wie hy verlief raak. ’n Soeke na identiteit, veranderde tye en verlies aan geloof word uitgebeeld deur David Viviers, Wessel Pretorius en Emma Kotze.

Die veel bekroonde TheatreDuo, Billy Langa en Mahlatsi Mokgonyana bied die keer Tswalo en A Place of Knowing aan. Tswalo word deur poësie en fisieke teater uitgebeeld en A Place, oor die lewe van vyf jong Suid-Afrikaners, word deur beelde, liedere en monoloë oorgedra. Verhoudings met hul ouers, hul geestelike welstand, spiritualiteit en die afwesigheid van ouers word ontbloot.

Van 3 tot 6 Julie kan feesgangers saans On the Edge: The Late Night Show bywoon, ’n nuwe toevoeging waarin verskeie akteurs en sangers optree. Rob van Vuuren en Bottomless Coffee is maar twee van die vermaakkunstenaars wat hier optree.

* Die Nasionale Kunstefees insluitend The Edge word van 27 Junie tot 7 Julie in Makhanda (Grahamstown) gehou.

Meer oor:  Makhanda  |  Grahamstown  |  Kunstefees  |  Grahamstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.