Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Edinburgh-feeste in Skotland óók afgelas

Die vyf Edinburgh-feeste in Skotland, vermoedelik die grootste byeenkoms ter wêreld naas die Olimpiese Spele, is ook weens Covid-19 afgelas.

Dit is die eerste keer in 70 jaar dat dit nie aangebied gaan word nie.

Die vyf Edinburgh-feeste is weens Covid-19 afgelas.

Die Edinburgh Festival Fringe, sowel as die Edinburgh- kunstefees, internasionale boekefees, internasionale fees en die koninklike Edinburgh Military Tatto-fees, wat van 7 tot 31 Augustus sou plaasvind, lok jaarliks sowat 4,4 miljoen mense.

Meer as 25 000 kunstenaars, skrywers en uitvoerende kunstenaars uit 70 lande sou aan 5 000 aanbiedings deelneem.

Buiten die kunstenaars en lokale genereer die fees ook honderde miljoene pond vir taxibestuurders, hotelle en restaurante.

Die fees het verlede jaar 3 841 produksies op die Fringe aangebied.

Die Skotse premier, Nicola Sturgeon, sê die kansellasie is “hartverskeurend, maar die regte besluit”.

Fiona Hyslop, kultuursekretaresse, sê die feeste sal “baie gemis” word.

“Deur wel hierdie moeilike besluit te neem, sal almal – van die kunstenaars tot die feesgangers – op hul gesondheid kan fokus, wat uiters noodsaaklik in hierdie onsekere tyd is. Ek onderneem om na die ondersteuning te kyk van personeel wat hieronder gaan ly.

“Die Skotse regering sal ook met die feeste en hul vennote kragte saamsnoer om te verseker dat hulle op hul vorige suksesse kan voortbou en in 2021 na die verhoog sal terugkeer.”

Die Edinburgh-fees is in 1947 kort ná die Tweede Wêreldoorlog gestig om mense se moreel te lig.

Meer oor:  Edinburgh  |  Covid-19  |  Feeste  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.