Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Ekstra vertoning van ‘3 Susters’ op Fees
Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm (voor) is te sien in 3 Susters in die Wynand Mouton-teater op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.’n Ekstra vertoning is vir 15 Julie om 10:00 geskeduleer.

’n Ekstra vertoning van die komedie 3 Susters is geskeduleer nadat al vier vertonings op vanjaar se Vrystaat Kunstefees uitverkoop is.

As jy dit nog wil sien, maak reg om jou kaartjies vir 15 Julie om 10:00 te koop.

Dis is geskryf deur Louis Pretorius, met Lizz Meiring, Nicole Holm en Margit Meyer-Rödenbeck as die drie susters. Tara Notcutt is die regisseur.

Dit handel oor ’n vrou wat besluit om vir haar 50ste verjaardag Thailand toe te gaan. Sy neem haar tweelingsusters saam, al hou sy nie van hulle nie.

3 Susters is die beste verkoper op die fees, wat Vrydag op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat begin. Die kunstemark sal eers van 10 Julie oop wees.

Agt van die tien beste verkopers kom uit die toneelstal, almal komedies behalwe Soebatsfontein. Twee is nogal toneelstukke vir kinders. Daar is net twee musiekaanbiedings onder die toptien – Karen Zoid se konsert op die aand van 14 Julie (die laaste dag van die fees) in die Sand du Plessis-teater en die konsert van The Parlotones op 13 Julie, ook in die Sand.

Die twee kindertoneelstukke in die toptien is Hans Haas in Hartenbos en Lollos &Lettie 10 jaar basaar!. In die Planetariumprogram verkoop Ruimtewandel ook goed. Dit word aanbeveel vir kinders van agt tot 13 jaar.

Alle kaartjies vir die literêre ontbyt Fees van die sintuie is verkoop en net enkele kaartjies is oor vir die komediant Marion Holm se vertoning Operasie Holm. Hou maar in gedagte dat Touch of Class se eerste optrede in die Aasvoëlklub uitverkoop is. Daar is nog net plek vir die ander vertoning op 12 Julie om 20:30.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Toneelstuk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.