Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
‘Flying Dutchmen’ vervang ‘Ds. Tienie’ Oppiwater

Frank Opperman moes ongelukkig sy optredes op vanjaar se Oppiwater Kunstefees weens gesondheidsredes kanselleer.

Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer gaan feesgangers se maagspiere behoorlik laat oefen met hul produksie Die Flying Dutchmen.

Die organiseerders het nou twee baie opwindende produksies gekontrakteer om Opperman se produksies, Die klaagliedere van ds. Tienie Benade en Donkie, te vervang.

Feesgangers op RSG en Lefra­ Produksies se Oppiwater Kunstefees kan uitsien na Die Flying Dutchmen met Hannes Brümmer en Melt Sieberhagen, en Kiekies, ’n huldeblykproduksie aan Lucas Maree, met Jannie du Toit en Thean Kotze­.

Feesgangers wat reeds kaartjies vir een of albei van Opperman se produksies bespreek het, kan daardie kaartjies net so gebruik vir die twee nuwe produksies.

Die Oppiwater Kunstefees word van 5 tot 10 April op die MSC Orchestra gehou. Die kunsskip vaar van Kaapstad na Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai met meer as 30 verskillende Afrikaanse teaterproduksies.

As dit by Afrikaanse stand-up en improvisasiekomedie kom, is Sieberhagen (Proesstraat, Superhelde) en Brümmer (Kompleks, Amalia) in Die Flying Dutchmen knope voor die kompetisie as die voorste eksponente van nuwegenerasie- Afrikaanse komediante.

Lagliefhebbers van oor die land heen het al gelê soos hulle lag vir hierdie unieke vertoning, wat bestaan uit vlymskerp, ondeunde stand-up en verbysterende improvisasie­komedie.

Dit is vars, oorspronklik en bowenal skreeusnaaks.

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hul gewaardeerde vriend, kollega en ’n legende van Afrikaanse musiek passievol aan.

Geen heilige koeie of openbare figure word ontsien as dié twee eers ’n mikrofoon in die hand, ’n verhoog onder hul voete en ’n gehoor in hul visier het nie.

Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Du Toit en Kotze (voormalige lid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe­ en laat die gehoor met persoonlike staaltjies iets beleef­ van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hul gewaardeerde vriend, kollega en ’n legende van Afrikaanse musiek passievol aan.

Daar is nog ’n beperkte getal kajuite beskikbaar vir die Oppiwater Kunstefees.

  • Bespreek by 087 630 0333 of aanlyn by oppiwater.co.za. Skakel 011 815 3000 of stuur e-pos na admin@lefra.com met navrae. Nadat kajuite bespreek is, kan kaartjies vir die meer as 30 produksies bespreek word by Computicket by 0861 915 8000 of op computicket.com.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.