Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Fraserburg eerste tree na professionele verhoog

Die Fraserburg Logan Toneelfees wat vandag begin, was al vir menige akteur die eerste stappie na die professionele verhoog.

Een van hulle is Viljé Martiz wat vanjaar een van die beoordelaars is. Hy is op hierdie einste fees raakgesien toe hy in 2007 te sien was in Die rebellie van Lafras Verwey.

VIljé Martiz

Die volgende jaar was hy ’n wenner in die ATKV-tienertoneelfees en het hy sommer na matriek by Binnelanders ingeval.

“Ek is nie sommer reguit in ’n rol in nie,” sê hy. “Ek moes eers darem leer. Ek het alles gedoen van koffie maak tot leer beligting doen.

Martiz wil hê dat deelnemers aan toneelfeeste vir jonges moet weet dat dit nie sommer net ’n kitspad na roem is nie.

“Dis nie ’n maklike reis om ’n akteur te wees nie. Agter my lê baie sweet en trane.”

Sy passie vir die teater, televisie en rolprente hou hom in die rigting wat hy gekies het. Hy is immers ’n derde geslag akteur met sy pa (Albert) en oupa (wyle Dawie Martiz).

“Daar is baie spanning in kompetisies. Deelnemers moet probeer om te vergeet van stres en geniet wat hulle doen.”

Die Fraserburg Logan Toneelfees word van vandag tot 4 Augustus in die skoolsaal van Hoërskool Fraserburg gehou. Dis die oudste fees in Afrikaans wat aaneenlopend op een plek gehou word en dis vanjaar die 43ste keer wat dit gehou word. Dit is ook die enigste fees in die land wat voorsiening maak vir inskrywings in kindertuin, laerskool en hoërskool-afdelings.

Daar is vanjaar 37 produksies op die program. Skole van sover as Kathu, Kakamas, Upington, Kaapstad, Port Elizabeth, Ceres en Kimberley neem vanjaar deel. Daar is vanjaar agt nuwe skole wat bywoon, met onder meer inskrywings van Hoërskool Strand en Grey Kollege in Bloemfontein. Hoewel die fees oorwegend Afrikaanse produksies aanbied, bring sommige skole ook produksies in Engels. Vanjaar bied The Stage-teatergroep The Funeral en Gym aan en Laerskool Welgemoed bring The Magic Lamp.

Saam met Maritz is die ander beoordelaars Nicole Holm (onder meer bekend vir haar rol in Boekklub op kykNET) en Ilne Fourie (teater-fundi van Bloemfontein).

Opvoerings begin om 17:30 (Dinsdag tot Donderdag) en die naweek (Vrydag en Saterdag) reeds om 17:00. Kontak vir Jianadi vir plekbesprekings by 078 875 2217 of by jianadihaas@gmail.com. Kaartjiepryse wissel tussen R20 en R40. Die volledige feesprogram, asook foto’s en ander inligting, is beskikbaar op die fees se Facebook-webblad onder Fraserburg Logan Toneelfees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.