Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Gasvrye mense sal Nederlander laat terugkom na KKNK
Mathot in sy opvoering Diep.Foto: SIMON SONNEKUS

Die warm gasvryheid van Suid-Afrikaners by die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) sal die rede wees waarom Daan Mathot (39), ’n akteur van Nederland, wéér terugkeer na dié fees in die Klein-Karoo.

Al ding wat ’n bietjie aan hom krap, is die musiek wat hy tot dusver gehoor het.

Mathot en Jan-Joost Alberts (36), sy assistent, beman die produksie Diep by vanjaar se uitkampteater buite die Absa-Burgersentrum. Diep is een van twee Nederlandse produksies op die fees.

“Die mense hier is baie toeganklik. Ek het my voorberei op ’n kultuurskok, maar was verbaas hoe eenders Afrikaans, die somerweer en tydsone aan my tuisdorp in Leiden is,” sê Mathot.

Hy is veral beïndruk met hoe feesgangers sy veral abstrakte toneel ontvang.

“Ek dink mense is aanvanklik ’n bietjie verwar met wat in my toneelstuk aangaan. Ek dink nie hulle het al so iets gesien nie.”

Die gehoor kyk in die spieël op die grond vir Mathot wat aan die dak hang in sy opvoering Diep.Foto: SIMON SONNEKUS

In sy opvoering moet die gehoor om ’n struktuur staan en na ’n spieël op die grond kyk terwyl Mathot onderstebo ’n toneel uitvoer teen die struktuur se dak.

“Dit is baie interessant hoe mense die stuk interpreteer. Veral omdat dit ’n bietjie abstrak is, kan dit mense verwar, maar ek is verbaas met hoe goed mense daarop reageer,” sê hy.

Mathot sê hy het baie navorsing oor die fees gedoen en vriende gevra wat voorheen hier opgetree het oor die omstandighede voordat hy uit Nederland vertrek het.

“Ek het nie noodwendig gekom om geld te maak nie. Ek het vir Rhodé (Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK) na ’n optrede in Nederland uitgenooi en ek het besef dit is ’n uitstekende geleentheid dat meer mense my werk te sien kry. Al is die omstandighede anders as Europa, het ek niks om oor te kla nie.”

Al sal hy nie baie van Suid-Afrika buiten die Klein-Karoo sien nie, wil Mathot beslis terugkeer.

“Hierdie is ’n besonderse plek en die mense is baie vriendelik. Ek sal nie omgee om weer op die KKNK op te tree nie.”

Meer oor:  Nederland  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.