Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
‘GodgOdgoD’ op VS Kunstefees ‘nie gewone teater-ervaring’
Die bekende regisseur Wolf Britz is ook ’n akteur in die produksie GodgOdgoD wat handel oor die skepping en die skoonheid van die natuur.

“Laat daar lig wees,” het God gesê en toe Hy sien die lig is goed, het Hy lig en donker van mekaar geskei. Hy het die lig dag genoem en die donker nag.

So begin die produksie GodgOdgoD. Eers met elemente van lig en donker, dan plante, dan diere en die res van die skeppingsproses.

Dit is een van die produksies wat waarskynlik besoekers aan die Vrystaat Kunstefees (7 tot 14 Julie in Bloemfontein) se voete onder hulle sal uitslaan. Party feesgangers mag die titel as anti-religieus vertolk, maar dit is die teendeel.

“Hierdie is nie ’n tradisionele teaterervaring nie. Jy gaan nie sit en iets word vir jou aangebied nie,” sê Ilana Cilliers, wat saam met Wolf Britz dié driedimensionele produksie regisseer.

“Die gehoor word deel van ’n produksie wat alle sintuie prikkel. Jy gaan in die ruimte rondbeweeg; jy sal visueel, ouditief en selfs deur reuke gestimuleer word; jy gaan omgewe word van die skoonheid van die natuur. Jy sal die skeppingsproses op ’n alternatiewe manier beskou.”

’n Lelie word byvoorbeeld gedissekteer en groot geprojekteer, eiers word oopgebreek, wêrelde geskep, religieuse stelsels, kunswerke en vorms beskou.

“Dit gaan die gehoor opnuut na die wêreld om ons laat kyk, hoe mooi dit is en hoe belangrik dit is dat ons dit bewaar. In die stuk is die teks nie die belangrikste element nie, dit word in ’n mate oorskadu deur die kunstige en wetenskaplike aanbieding.”

Die regisseurs sê dit is ’n vars uitbeelding soos nog nie voorheen gesien is nie. Hulle het daarvoor die boek God, God, God (2006) deur die Nederlandse skrywer Rob de Graaf as vertrekpunt gebruik.

Een van die akteurs is Charlton George wat tans as Virgil in die kykNET-dramareeks Sara se geheim te sien is. Benewens Tiisetso Mashifaneen Thembekile Komani is Britz en Cilliers ook in die rolverdeling.Net 40 gehoorlede word per vertoning toegelaat.

* 9 tot 14 Julie om 18:00 en 20:00, 70 minute, in Pacofs se kelderparkeerplek. R120 by Computicket.

Meer oor:  Teater  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.