Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Grapjasse ruk op vir nasionale kunstefees
Rob van Vuuren

Die Ierse komediant Dylan Moran bring sy jongste internasionale vertoning na die hooffees van die nasionale kunstefees in Makhanda.

Die fees, wat ’n vertoonvenster bied van die beste plaaslike en internasionale vermaak, duur van 27 Junie tot 7 Julie.

In 2015 is al drie vertonings van Moran se Off the Hook- vertoning uitverkoop nog voor die fees begin het.

Dié keer bring die Ier Dr Cosmos na die fees – waarin hy die draak steek met alles en nog wat van Trump tot advertensies vir sjampoe, asook sy blink plan as sy vrou snork. Hy spot ook oor millenniërs wat terugtrek huis toe en die planne wat ouers dan moet beraam om hul telge weer op koers te kry.

Moran is al paar keer vereer vir sy komedie. Die Franse koerant Le Monde het hom in 2007 bekroon as die “snaakste komediant dood of lewend”.

Schalk Bezuidenhout

Plaaslike komediante wat vanjaar by die fees optree, is Loyiso Madinga, Tats Nkonzo, Robby Collins en Mojak Lehoko. Khanyisa Bunu, wat al aan Trevor Noah se voorprogram deelgeneem het, en die eerste vrou was wat met die Comics Choice-toekenning vereer is, se vertoning heet New Year’s Resolutions.

Dit is ’n draakstekery met die beloftes wat mense elke jaar aan hulself opdring en nooit nakom nie.

Rob van Vuuren is weer vanjaar die gasheer van The Very Best Comedy Show wat vir die sewende keer aangebied word. Aaron McIlroy, ’n feesinsteling, se nuwe solovertoning ADHD is op die program, asook sy vertoning saam met Lisa Bobbert getiteld Bloopers.

Dan tree Schalk Bezuidenhout in Lambs to the Laughter saam met Tats Nkonzo, Kate Pinchuck en Robby Collins op. Verlede jaar se beste nuweling op die fees se komedie-aanbod was Tsitsi Chiumya se vertoning So Naive. Hy was ook deel van Noah se Nation Wild.

Die fees se beste verkopers bly Bijou, Big Boys Don’t Dance en You Should Be Dancing, wat weer vanjaar ligte vermaak en ontvlugting bied.

Meer oor:  Rob Van Vuuren  |  Naf  |  Schalk Bezuidenhout
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.