Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Grey-musiekfees lok weer duisende

Die Grey-musiekfees was vanjaar weer ’n wegholsukses en byna al drie vertonings was uitverkoop, sê Marzaan Venter, die skool se bemarkingsbeampte. 

Connell Cruise, ’n sanger en wenner van vanjaar se Dancing with the Stars South Africa, Katlego Maboe, ’n TV-persoonlikheid en sanger, die sanger Caroline-Grace Brussöw en Izak Davel, ’n akteur en sanger, het op die musiekfees met die tema “Untouchable” opgetree.

Die massakoor in aksie op vanjaar se Grey-musiekfees in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein. Foto: Niel Lombaard Photography

Die laaste van die Bloemfonteinse skool se drie vertonings het Saterdagaand in ’n stampvol Sand du Plessis-teater plaasgevind.

Volgens Marzaan Venter, bemarkingsbeampte van die skool, was Vrydagaand se vertoning ook uitverkoop en was 75% van die kaartjies vir Saterdagmiddag se vertoning verkoop.

Sowat 3 400 mense, van wie 800 net die kleedrepetisie bygewoon het, het die vertonings bygewoon, sê Venter.

Caroline-Grace Brussöw tree Saterdag op Grey-kollege se musiekfees in Bloemfontein op. Foto: Marzaan Venter

Volgens haar is die massakoor gewoonlik ’n hoogtepunt en is dit veral spesiaal vir die skool se matrikulante.

Die musiekfees, wat reeds in 1982 as ’n koorfees begin het, is ’n geleentheid vir die skool om met hul kulturele verskeidenheid te spog.

’n Massakoor van tussen 400 en 600 seuns het saam met gaskunstenaars opgetree. Nog sowat 105 seuns het deel uitgemaak van die tegniese span, Grey se Marimbas, Gumboots, Drumline, junior en senior boereorkes, Indomitus en die Grey Band.

As deel van die musiekfees nooi Grey-kollege elke jaar mense uit vir sop en eetgoed as deel van hul uitreik om terug te gee.

Dié mense, van verskeie liefdadigheidsorganisasies en aftreeoorde in die stad, leerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje en Eunice High School, sowel as ouers en ander mense wat nie die naweek se vertonings kan bywoon nie, kry dan ’n geleentheid om die kleedrepetisie by te woon.

Meer oor:  Grey  |  Bloemfontein  |  Musiekfees  |  Sukses
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.