
Dozi en Refentse se gesamentlike debuut op die Vrystaat Kunstefees was ’n groot treffer. Foto: Mlungisi Louw
Die Vrystaat Kunstefees is verby, maar nie die prysuitdeling waarop die beste kunstenaars en produksies beloon word nie. Elke jaar skep dit groot afwagting en noudat die benoemdes bekend gemaak is, raak die afwagting selfs intenser.
Nuuskieriges sal egter tot 30 Augustus moet wag om uit te vind wie die wenners is.
Hier is die lys van benoemdes:
Musiek
* Nasionaal:
Bewitched on Broadway deur Cat Simoni; Jacques-Pierre Malan (tjello) in Duo; Charl du Plessis Trio met
Opposites attract;
Dozi and Refentse.
* Beste Vrystaatse musiekkunstenaar en produksie: Die name word op die prysuitdeling bekend gemaak.
Toneel* Beste drama, nasionaal:
GodgOdgoD deur Ilana Cilliers en Wolf Britz;
Alpha deur Erwin Maas en Stef de Paepe;
Harry & Jackie geregisseer deur Christo Davids.
* Beste Vrystaatse dramaproduksie: DEURnis:
Bloos; DEURnis:
Broei aangebied deur Theatre Rocket;
Elke briljante ding met Ilne Fourie.
* Beste Vrystaatse toneelkunstenaar: Ilne Fourie (Elke briljante ding); Gerben Kamper en Manzikazi Scota (Alpha); Mia-Anne O’Kennedy (Bang) en DeBeer Cloete (regie, Bang).
Visuele kuns
Diane Victor vir Little History: A Retroflection; Beth Armstrong vir In Perpetuum; Marjorie Human en Miné Kleynhans, kurators van Flux.
Vrynge
* Nasionaal:
Singing Anthems for Rain geregisseer deur Ntsele Radebe;
Frenzy for Two (regie deur Kay Dewes);
Akkordeon-aksente (Wimpie Greyvenstein en Danie du Toit); Raak (regie deur Kanya Viljoen); Koek en tert (regie deur Kristin Pienaar).
* Beste Vrystaatse produksie:
Rooilug (regie deur Jefferson Dirks-Korkee);
Blou (skrywer en regisseur Ilne Fourie);
Geskeurde vellies (regie deur Stella Kotze);
Troos (regie deur Nicolaas Beukes);
Gril (regie deur Willem Esterhuyse).
Spesiale pryse
- * Eksperimentele/lewende kunsprys: deur Keith Armstrong; disobedience rules! deur pvi collective; A.I.R. Altitude Immersive Radio deur Julia Drouhin.
* ’n Aankondiging sal ook gemaak word oor ’n produksie wat gekeur is om volgende jaar verder ontwikkel te word.
Die borge vir die feespryse is die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi), Absa en die Kunstetrust.