Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Holm raak nou ’n bietjie ernstiger
Marion Holm

Marion Holm raak so ’n bietjie ernstiger in haar eenpersoonstukke. Sy wil mense iets gee om oor na te dink, sê sy.

Sy het haar jongste stuk Operasie Holm vir die eerste keer vanjaar by die KKNK opgevoer en volgende week is sy by die Vrystaat Kunstefees.

“Ek wil so ’n bietjie praat oor dinge wat my na aan die hart is. Soos mense wat al hoe meer ongeskik is. Hoe het Suid-Afrikaners hier beland waar hulle onbeskof is wanneer hulle bestuur, inkopies doen, met iemand op die telefoon praat, en dan nog op sosiale media – dit is nou eers ’n besigheid. Ek verstaan dit nie,” sê sy.

“Ek dink daar moet so ’n bietjie aan mense se siele geopereer word.”

Operasie Holm opgesom in drie punte gaan volgens haar oor die volgende:

* Ons moet ons lewens soos ’n militêre operasie beplan deesdae, as ons wil oorleef.

* Ons moet ons siele opereer en weer gaaf word.

* John en July Gottman, 2 sielkundiges wat die Gottman-instituut begin het, het na baie, baie jare se navorsing bewys dat daar net twee goed is wat paartjies bymekaar laat bly: “kindness and generosity”. (Ek sê dit in Engels, want dit vertaal nie goed nie – nie volrond nie.) Ons moet weer “kind and generous” raak met mekaar.

Holm vermaak mense nou al 14 jaar lank met haar “stories”.

“Ek het begin om op te tree omdat mense vir my gesê het ek vertel sulke mooi stories en ek is so snaaks. Toe doen ek een vertoning en toe ek weer sien is dit my loopbaan.”

As sy terugdink oor haar loopbaan, sien sy dit amper as die gange van ’n Edwardiaanse ete.

“Eers was daar die “hors d’oeuvre” – klein happies. Toe kombineer ek twee gange, die sop en vis – bietjie meer substansie. Tans trek ek by die “entrée”. Maar daar lê nog ses gange voor!”

Om te illustreer beskryf sy sommer vir jou die

“Downton Abbey-tiengangmaaltyd”. As ’n mens kyk na wat na die entrée wag, water jou mond vir wat nog gaan kom.

Daar is ’n paar goed wat sy haat en luister maar fyn as sy dalk daaroor praat in haar jongste vertoning:

* Mense wat nie wyer as hulle eie lewe/wêreld/gemak dink nie.

* Om warm te kry – en verstaan nou net dat enige iets van 23 grade Celsius af vir my in ’n rooiwarm sweet laat uitslaan!

* Kinders wat nie maniere het nie. Mense wat nie maniere het nie.

Operasie Holm! vanaand by die Vrystaat Kunstefees opgevoer om 19:00, Dinsdag om 13:30, 13 Julie om 16:00 en 14 Julie om 10:00.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.