Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Iets vir almal op KKNK
Reinhardt Buhr, beter bekend as Wild Lettuce, betower feesgangers in Baron van Reedestraat met sy wêreldmusiek wat hy met ’n didgeridoo, elektriese tjello en akoestiese kitaar maak.Foto: Simon Sonnekus
Dié wrak van ’n uitgebrande Land Rover Freelander staan langs die R62 tussen George en Oudtshoorn in die Wes-Kaap. Foto: Simon Sonnekus
Les Javan, Toast Coetzer, Danie Marais, Erns Grundling, Dana Snyman en Haidee Muller praat oor langpadliedjies en ver verhale by die ATKV-kampvuur op Oudtshoorn. Dié gesprekke is deel van die KKNK se geselsprogramme.Foto: Simon Sonnekus
Armand Hofmeyr, seun van Steve Hofmeyr, het kinders op die verhoog verwelkom met sy optrede by die Kuierplek-verhoog op die KKNK op Oudtshoorn.Foto: Simon Sonnekus

Feesgangers op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn in die Wes-Kaap het dié week gereelde sonskyn beleef ten spyte van die enkele onverwagse reënbuie.

Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, sê “dis moeilik om die kaartjieverkope te voorspel”, maar hulle verwag dat sowat 130 000 kaartjies teen die einde van die fees verkoop sou wees.

Teen Woensdag het tienduisende mense reeds die KKNK besoek.

Dié fees bied iets vir almal: Daar is vanjaar 450 kuns- en kosstalletjies, 105 produksies, 15 visuelekunsuitstallings, tien Klein Karoo-ervarings, vyf gespreksessies en verskeie musiekvertonings. 

’n Pa neem foto’s van sy kinders wat op die Kuierplek-verhoog op die KKNK dans. Foto: Simon Sonnekus
’n Seun kyk hoe verkeer opdam by die begin van Meiringspoort. Die pad deur die poort is Maandag vir geruime tyd gesluit nadat ’n ambulans en ’n bus ná swaar reën in die poort vasgesit het. Foto: Simon Sonnekus
Die bekende reisjoernalis en skrywer Dana Snyman vertel ‘n staaltjie van ‘n ver verhaal by die ATKV-kampvuurgesprek. Die gesprekreeks is deur Danie Marais en Haidee Muller gelei.Foto: Simon Sonnekus
Nes sy pa . . . Armand Hofmeyr tydens sy optrede op die KKNK. Foto: Simon Sonnekus
Meer oor:  Kknk  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.