Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Innibos: Kom loer in by Netwerk24 se feeskafee

As jy vanjaar ’n draai Innibos maak, moenie vergeet om by die Netwerk24-feeskafee in te loer nie.

1. Wat is alles in dié kafee?

Kom koop Beeld vir R10 en kry ’n gratis koppie koffie. Ons verkoop ook tydskrifte teen spesiale pryse. Kom loer ook na SARIE se handgemaakte produkte soos speelgoed, leerhandsakke en papier plekmatjies in ons geskenkwinkel.

2. Waar is die kafee?

Die Netwerk24-feeskafee is binne die Hoërskool Nelspruit se kultuursentrum. Die ATKV se Boeke Oase is ook in hierdie sentrum en RSG saai regstreeks hier uit. Kom maak ’n draai!

3. Onthou om op Netwerk24 in te teken!

Netwerk24 bied vanjaar by Innibos ’n spesiale aanbod. As jy op die fees vir R99 per maand inteken, kry jy ’n lekker boeksak, drie resepteboeke, ’n Weg!-DVD en ’n R100-geskenkbewys om in die Netwerk24-feeskafee te bestee.

4. Netwerk24-gespreksreeks

Ivor Price bied daagliks om 15:00 die Netwerk24-gespreksreeks by die ATKV se Boeke Oase aan.

  • Woensdag 27 Junie

Kriptogeld: Blink toekoms of goeie ou boereverneukery?

Is kriptogeldeenhede soos Bitcoin, Ethereum en vele ander die toekoms van grenslose internasionale handel en valuta, of ’n massiewe piramideskema wat enige oomblik in duie kan stort? Met inkomstedienste (insluitende SAID) en sentrale banke wêreldwyd wat hul beleidsraamwerke aanpas, begin dit lyk asof kriptogeld deel van die finansiële hoofstroom word. Wat is die geleenthede om aan te gryp en watter valstrikke moet vermy word?

Paneellede: Johan Bezuidenhout, direkteur van Leetpro, ’n mynmaatskappy vir kriptogeld, André de Goede, direkteur van internetdiensverskaffer Netbits, en Jean de Goede, direkteur van Specter Networks.

  • Donderdag 28 Julie

Afrikaanse komedie: Lag-lag die toekoms in

Al Debbo, Evita Bezuidenhout, Leon Schuster, Tolla van der Merwe, Emo Adams, Marc Lottering, Dowwe Dolla. Daar is ’n lang lys Afrikaanse grapmakers wat ons deur die dekades laat lag het (en soms nadink het) oor onsself. Met ’n nuwe geslag komediante en humoriste soos Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling lyk dit asof die laaste lag nog lank nie hier is nie. Schalk en Erns se nuwe boek, Truitjie roer my nie, is ’n lekker-lag memoir oor die vreemdste, snaaksste en mees roerende oomblikke van Schalk se loopbaan en die twee skrywers se “comedy bromance”.

Paneellede: Schalk Bezuidenhout, komediant, akteur en medeskrywer van Truitjie roer my nie en Erns Grundling, reisjoernalis.

  • Vrydag 29 Junie

Landbou se meganisasie-dilemma: Is dit werklik mens teen masjien?

Boere moet optimaal boer. Dit is nie net vir hul eie finansiële voortbestaan nie, maar hulle het ook ’n plig om soveel as moontlik uit die beskikbare grond te haal ter wille van Suid-Afrika se voedselsekerheid. Die argument vir meganisasie as optimaliseerder is dus sterk. Maar Suid-Afrika het ’n ingewikkelde geskiedenis wat grondbesit en die politiek betref, sowel as ’n werklikheid van amper ondenkbare werkloosheidsvlakke. Is daar nie ’n dringende plig op die landbou om werkgeleenthede te beskerm en te vermeerder nie?

Paneellede: Moorrees du Toit, visepresident: Laeveld van Agri Mpumalanga en dr. Reuel J. Khoza, voorsitter van Koeltehuis Farm & Koeltehof Export Facility.

  • Saterdag 30 Junie

Kan die debat oor grondbesit brûe bou, of dit net verbrand?

Hoe praat ’n mens nugter oor grondbesit in Suid-Afrika? Dit raak ons almal se identiteit en bestaansreg. Maar tussen die emosie, politieke retoriek en ekonomiese onsekerheid is daar dalk ’n gulde geleentheid vir Suid-Afrikaners om eerlik met mekaar in gesprek te tree oor wie ons is en wat ons wil hê.

Paneellede: Theo Venter, politieke ontleder en beleidspesialis aan die NWU-sakeskool en Ralph Hearne, lid van die Nelspruit Boerevereniging.

Meer oor:  Beeld  |  Ivor Price  |  Innibos  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.