Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Innibos Kunstefees gaan vir eers voort

Die Standard Bank Innibos Kunstefees – wat vir 24 tot 27 Junie beplan is – gaan voort.

Sandra Jacobs, Innibos-mediabestuurder, sê die feesdireksie het op 17 Maart besluit om vanjaar se fees voorlopig nie te kanselleer nie, ondanks die ramptoestand in Suid-Afrika weens Covid-19.

Jacobs sê as die bestaande verbod op openbare geleenthede (die byeenkoms van meer as 100 mense op ’n slag) tot ná 14 April verleng word, “sal die direksie die fees na ’n latere datum in 2020 uitstel”.

Mathews Phosa, voorsitter van die feesdireksie, sê hulle neem die situasie nie ligtelik op nie. “Dit is belangrik dat mense nou, in die belang van nasionale gesondheid, alle veiligheidsmaatreëls nakom. As die pandemie nou kortgevat word, kan almal se lewe hopelik binnekort normaal voortgaan.”

Andy Lubbe, feesbestuurder, sê omdat die besluit verreikende implikasies vir kunstenaars, verblyf-instellings en diensverskaffers inhou, wil hulle dit nie voortydig af- of uitstel nie. “As daar ’n gesondheidsrisiko aan die fees verbonde sou wees, sal dit uitgestel word.”

Meer oor:  Innibos  |  Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.